Kamelia / Camellia / Japonika


Camellia japonica

Hierdie ornamentele struike is baie gewild. Dit dra mooi wasagtige blomme en die blink immergroen blare is dwarsdeur die jaar ‘n aanwins vir die tuin.

Kamelias verkies effe skadu en ‘n beskutte staanplek, aangesien hulle maklik kan skroei.

Die plante floreer in effense suurgrond wat goed dreineer. Hulle groei stadig, maar kan tot boomgrootte word.

Kamelias gooi nou hul blomme af en moet gereeld natgegooi word wanneer dit nie reën nie. Sprinkel ook die blare nat. Hulle vorm nog tot in April nuwe blomme. Die mees algemeen beskikbare blomkleure is skakerings van pienk, rooi en wit.

(foto Kurt Stueber)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply