Tanacetum vulgare
Wurmkruid is ‘n meerjarige kruid wat liefs in die herfs of lente geplant moet word. Plant dit in volson of halfskadu. Die grond kan maar gemiddeld wees. Dit is nie rypbestand nie.
Dit word omtrent ‘n meter hoog en dra klein trossies geel blomme.
Sny gereeld die dooie stingels en blare af.
Wurmkruid hou vrugtevlieë weg van die omringende plante.
(foto Bogdan)