Erythrina humeana
Die kleinkoraalboom kan tot 4 meter hoog groei. Dit word ook geplant as struik en raak dan nie gewoonlik so hoog nie.
Die skarlakenrooi blomme verskyn in die somer.
Die kleinkoraalboom is inheems aan Suid-Afrika en kom langs die kus voor, vanaf die Oos-Kaap tot KwaZulu-Natal en bo tot in Mosambiek. Jy kry hulle ook in die Laeveld.
(foto: Albero Corallo)