Die koffieboom (Coffea arabica) is inheems aan die tropiese dele van Afrika.
Die struik raak tot 5 meter hoog. Dit is immergroen met blink, groen blare en wit blomme wat heerlik ruik. Die blomme word gevolg deur die mooiste rooi vruggies.
Die koffieboom is gevoelig vir ryp en soek ‘n sonnige staanplek. Die plante vaar net goed in ‘n warm, tropiese area.
(Foto B. Navez Die foto is van die Coffea arabica.)