Vitis vinifera
Indien ons kan veralgemeen oor alle druifsoorte kan ons sê wingerd hou van diep vrugbare grond met ‘n pH van tussen 5,5 en 6,5. Goeie dreinering is ook belangrik. Superfosfaat moet bygewerk word wanneer jy die stokke plant.
Indien jy die stokke van steggies gekry het, moet jy dit met die oorspronklike snit net onder die grondoppervlak plant. Indien jy dit by ‘n kwekery kry, moet jy dit net so diep plant soos wat dit in die kwekery gestaan het.
Gee eers jou wingerd kompos wanneer dit begin groei het waar jy dit geplant het. Hou dan die grond klam, maar moet dit nie deurweek nie.
Die belangrikste van natlei is dat jou wingerd nie tydens droë weer moet uitdroog nie. Maak die wingerd goed nat in die lente, net voor die blomme oopgaan. Maak gereeld nat wanneer dit blom en vrugte vorm en wanneer die korrels vorm. Teen die tyd wat daar 3 weke oor is voor jy oes moet jy net sorg dat die grond nie uitdroog nie. Na die oes het die plante weer baie water nodig.
In die stok se eerste en tweede somer moet dit 250 g KAN kry. In die tweede lente moet dit ook 750 g 2:3:2 kry, 1,5 kg 2:3:2 die jaar daarna, 1,75 kg 2:3:2 die vierde jaar en 2 kg die vyfde jaar. Die derde jaar moet daar ook begin word met 1, 5 kg 3:1:5 en in dieselfde mate as die 2:3:2 vermeerder elke jaar. 500 g Engelse sout moet ook elke lente toegedien word.
Vir die eerste 3 jaar moet die wingerd gesnoei word. Net nadat dit geplant is, moet dit twee ogies terug gesnoei word. Die tweede winter sny jy die sterkste lat twee ogies terug. Sny al die ander latte tot teen die stam af. Behou die sterkste loot wat uit die lat ontwikkel en sny die ander een tot teen die stam af. Die loot laat jy ontwikkel tot op jou verlangde hoogte. Laat ‘n raamwerk uit die loot ontwikkel. Die volgende winters sal jy die raamwerk se uitloopsels 2 tot 3 ogies terugsny.
Laat die wingerd net toe om 1 tros per lat te dra tydens die eerste twee oesjare.
(foto H. Zell)
my bome is 10 jaar oud dra baie swak, elke jaar na die eerste 3 jaar het dit verswak nou is dit onproduktief, wat kan ek doen?
Het jy 'n voedingsprogram soos hierbo uiteengesit?
My druiwe het mooi reggekom en dra pragtig hierdie jaar. Watter spuitprogram is nodig
Dit hang af van waar in die land jy jou bevind. Wat alle dele aanbetref kan jy maar Benlate toedien wanneer die lote 10 cm lank is en elke 10 dae herhaal indien nodig. Jy kan ook twee keer in die winter kalkswael toedien, met 10 dae tussen elke toedienning.
Goeie dag
Ons het Oktober laas jaar n huis gekoop wat reeds n wingerdstok het. Dit wil voorkom asof dit glippertjies is. So ons het nie n idee hoe oud hy is en wanneer hy geplant is nie. So wanneer en hoe sal mens hom snoei as dit reeds n groot wingerdstok is? En hoe laat mens hom verder rank? Want hy is nou net n bos. Hy dra nogals baie trosse reeds. Wanneer moet mens die trosse pluk?
Hoe dien ek die kunsmis toe bo grind of inwerk alles met een slag ? Dankie
Watter voeding is die beste vir Katowa druiwe
Jy wil die pH van die grond verhoog voor jy dit plant na 5.5 tot 7.0.
Gewoonlik het druiwe nie voeding nodig nie, tensy die grond uiters swak is. Gebruik dan 10-10-10.
Het Glippertjie druiwe lote ingelê, en sommige in water gesit, maar daar ontwikkel nie worteltjies nie.
Het Glippertjie lote in water ingelê en ook in komposgrond geplant maar daar kom niks van nie. Lote in water het begin bot maar het nog geen wortels nie.
Ek het vier jaar gelede die druiwe plant geplant. Dit rank mooi en die blare is pragtig maar het nog nooit druiwe gedra nie.