Syncerus caffer

Die buffel is beesagtig in voorkoms met ’n breë snuit, goot ore, sterk horings en ’n lang kwasstert. Die Afrika-buffel spesifiek is donkerkleurig met wyd uitstaande horings waarvan die punte na binne gebuig is. Die koeie se velkleur is gewoonlik ligter en jong buffels se vel het ’n rooibruin voorkoms. Die hare van die pels is kort en grof, en word yler met ouderdom.

Die buffel was voorheen wyd versprei oor Suidelike-Afrika, maar nou is dit beperk tot die noordelike dele van die streek, met geïsoleerde troppe in nasionale parke, wildplase en natuurreservate.

Buffels verkies om in troppe te wei in oop Bosveld-savanne en sal van grasland gebruik maak indien daar skuiling is. Hulle wei meestal snags en gaan drink water vroeg soggens en teen skemer saans.

Hulle is gevaarlike diere wat hulself gewoonlik suksesvol verdedig teen meeste roofdiere ’n Buffel leef ongeveer 15 jaar.

Lewer kommentaar

Leave a Reply