Marmoset

Ek is baie trotse mamma van twee marmoset seuntjies. Ouderdomme wissel van twee jaar en ander een is 11 maande. Oudste apie is een met wit oortjies en my baba een met swart oortjies.

My apie met wit oortjies het ek grootgemaak van ouderdom drie dae en my ander swartoorapie het ek omtrent ‘n maand terug gekry toe my mammie oorlede is. Hy was haar kind. So die kosbaarste van al haar goed is aan my toevertrou.

In die begin was dit moeilik want hy het heeldag na haar geroep en gehuil. Hy was ongelooflik maer en baie aggresief teenoor my, maar die beste van alles is dat my ouer apie ongelooflik geduldig is met hom en hom in ”n mate “kalmeer” as hy so erg huil. Gaan al baie beter, maar daar kom dae dat hy nog verlang na haar, dan hou ek hom vas en troos hom. Partykeer gebeur dit dat ek so spesiale “soentjie” kry. Iets wat net tussen hom en my mammie was. Darem nie rerig soen nie, maar ‘n lekkie op die punt van my neus.

Almal wat marmosetapies het weet natuurlik “SOEN” is uit. Jou apie kan die herpesvirus so opdoen en hulle gaan dood daaraan en as jy so lief is vir jou apies soos ek, dan stel jy hulle nie bloot nie.

Hulle is die beste troeteldiere wat mens kan hê, mits jy tyd het en besef hierdie outjies het baie tyd en liefde nodig. Dit is ‘n lifetime commitment. Hulle word tussen 30 en 40 jaar oud.

Aan telers van marmosette: Vertel asb vir enige voornemende koper van die nadele van die apies dan sal minder van hulle in rehab opeiendig! En aan ander marmoseteienaars: Wees lief vir julle apies, hulle vra nie baie nie. Net liefde!

skrywer: Anneke Oberholzer

Help
“Ek het ‘n navraag aan persone wat met marmoset ape teel. Ek wil net weet ek het 2 ape (mannejtie & wyfie) maar hulle is nou 3 & 4 jaar oud maar het nog glad nie geteel nie , is daar ‘n rede vir dit of kan hulle dalk dink hulle is boetie & sussie . Volgens my moes hulle mos al by die tyd babies gehaad het . As daar iemand is wat dit kan verklaar vir my asb.”
– Angelique Venter

Bea skryf: “As dit kom by die paring van marmosette is dit beter dat ‘n kundige persoon dit doen. Indien jy twee apies het wat jy wil laat aanteel moet jy hulle liefs na ‘n erkende teler in jou area neem.”

Help
Ek het ‘n marmoset apie (wyfie)wat nou 3 jaar oud is. Sy was nog nooit in aanraking met ander apies van haar soort nie. Sy is ongelooflik bederf en het almal in die huis se aandag net vir haarself – alhoewel ek haar “leier” is. Soms sal sy iemand ‘n geniepsige hap gee maar oor die algemeen is sy rustig, solank sy haar gang kan gaan. My roetine met haar as ek van die werk af kom is om haar uit haar hok te haal, doek aan te sit en haar te los dat sy die huis verken. Sy gaan NOOIT ver van my af nie.
Die afgelope 2 weke het sy egter ‘n drastiese persoonlikheidsverandering ondergaan deur my net te wil byt, sy eet nie goed nie, en maak hierdie snaakse geluide. Sy het haarself onttrek en wil heeltyd net in haar sakkie lê. Soms lyk dit vir my of sy ook nie baie vas is op haar voete nie.
Ek vermoed sy is op hitte, maar sy is glad nie geswel soos ‘n hond nie. Kan iemand asseblief vir my meer inligting gee rakende Marmoset apies OF oor my baba se gedrag!
– Tina Mey

Angelique Venter skryf: “Tina , ek stel voor jy neem haar na ‘n veearts wat met hulle spesialiseer ek weet nie in watter gebied jy woon nie maar die Exotic Animal by Onderstepoort (tel 012-5298105) spesialiseer in Marmoset apies , hulle tree gewoonlik so op as hulle verwerp voel so jy moet seker maak jy het nie nou sielik die aandag wat jy aan haar nomaal gee verminder nie. Maar bel gerus hulle is baie behulpsaam.”

Sluit aan by die Gesprek

17 Kommentare

  1. Ek het n wyfie marmoset apie wat baie bederf is, en wil net weet of ek vir haar 'n maaitjie kan aanskaf en moet dit 'n mannetjie of 'n wyfie wees?

  2. Angelique Venter, hierdie apies is baie kompleks. Hulle raak verlief en trou vir altyd. Jou apies is nie verlief op mekaar nie, dus sal hulle nie paar nie. Ek het my mannetjie 5jr by 'n wyfie gesit en ons was so gelukkig, hulle is so verlief, daar is al 3 babas gebore, waarvan ek nou een weer hand grootmaak, en mamma is weer swanger. As hulle eers gepaar het kan jy hulle nie weer wegvat van mekaar nie, hulle vat nie 'n nuwe maat nie. Jy sal moet uitruil met ander tot jy 2 gekry het wat verlief raak. Sterkte!

  3. ek het 'n pragtige liefdevolle marmoset dogtertjie van 5 maande. maar hoekom kou sy aan meubels? gee my asseblief raad

  4. Hi

    Ek het 'n mannetjie marmoset van so 4 jaar oud sy wyfie is so paarmaande gelede dood sy's dood toe sy geboorte gegee het en dus is die kleitjies dood saam met haar gaan die mannetjie weer bind met 'n nuwe wyfie aan gesien hulle mos net een maatjie het lewes lank.

  5. Hi
    Ek het vir my 'n apie bestel,maar is nie seker of ek 'n mannetjie of 'n wyfie moet vat nie.as die wyfies op hitte gaan,is dit dieselfde as wat honde op hitte gaan? En is die mannetjies meer aggressief as die wyfies? Kan iemand my dalk meer inlig??
    Carli

  6. HDL
    Ek hoop regtig julle kan my help. Ek woon op die platteland en ons het nie 'n eksotiese dier veearts nie. Die naaste een is 300km vêr.
    My Capuchin wyfie (broeipaar) is nou vir die tweede keer dragtig. Die eerste keer toe sy geboorte gegee het, het sy die 'baba' verwerp. Ek dink sy was te jonk en die geboorte proses het seker te vinnig gebeur. Ek het die baba op die vloer van die hok opgetel. Hy het nog geleef en ek het hom dadelik op 'n voeding van SMA melk gesit – wat hy elke uur gedrink het. Hy was pragtig en gesond. Op die 7de dag, het hy net ophou asemhaal en dit was baie traumaties vir ons almal. Die een veearts het gesê die apie is heelwaarskynlik dood omdat hy nie moedersmelk ingekry het nie?
    My ape is pragtig en gesond, maar ek moet voorbereid wees vir enige iets. Ek sal nooit my ape se kinders van hulle wegvat nie, net in 'n noodsituasie.
    Kan u asseblief vir my laat weet wat ek moet doen om die baba te help en watter melkvoeding die beste/veiligste sal wees?
    Baie dankie.

  7. Hi wil net hoor ek ñ marmoeset apie hy nies al die heeldag lê net en wil nie regtig eet of drink nie. Wat kan dit wees en hoe kan ek hom dr.

  8. hi kan jy my dalk help ek wil asb al die nadele en voordele van die apies weet kan jy my dalk help groot asb

  9. Hello daar. Ek het n baba marmoset, sy is 4 maande en kry af en toe koors. kan ek vir haar baba setpille insit om koors te verminder. Asb het dringend antwoord nodig. hoauto@lantic.net

  10. goeie naand ek soek raad asb my marmoset apie (dogter)het so twee ure gelede gekraam daars twee babas ek wil weet moet ek die babas weg vat van mamma af of sal hulle ok wees by mamma en papa dis hulle eerste babas '

  11. Dit kan natuurlik wees vir hulle om aan hout te kou. In die natuur byt hulle deur boombas om by die boomgom uit te kom. Mens kry boomgom plaasvervangers wat jy vir haar kan gee.

  12. Hulle behoort OK te wees. Marmosette kyk mooi na die baba's. Aanvanklik sal dit ma wees, maar pa speel later 'n belangrike rol.

  13. Goeie dag.
    Ek het n seuntjie marmoset ek dink hy is nou 5 jaar oud ons het hom gekoop toe is hy reeds min of meer n jaar so hy wil nie he jy moet met hom werk nie ons laat hom uit en als maar vat kan jy nie aan hom nie. 2 dae terug het ek agter gekom hy is baie stil eet baie min en vanoggend is hy heel van belans af en skuur die regter oortjie teen als. Enige raad asb. Kan dit wees dat hy infeksie in die oor het.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar