Soek jy nuwe leesstof? Umuzi het ’n uitverkoping waar jy tot 50% minder betaal vir e-boeke gepubliseer in 2018. Die uitverkoping duur tot 31 Januarie 2019. Besoek: https://penguinbookssa.snapplify.com/productlist/sale-new-releases-2018
Sleutelwoord Argiewe:Umuzi
Die formidabele Ling Ho
Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaanse werklikhede.
Slaafs
’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie.
Fynbosfeetjies
Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die wêreld.
Woudfontein
Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid …
Die Alibi Klub
In 1998 arriveer ’n jong Suid-Afrikaner in Brooklyn, New York, waar hy oor ’n tydperk van ’n paar jaar as kroegman met ’n groep karakters by The Alibi kennis maak.
Papegaaislaai
Malletjie en Rocky sit sonder werk en hul geld raak min, so om private speurwerk soos op Cheaters te doen, lyk na ’n blink idee.
Die sirkel van bekende dinge
Billy se draaktatoe sal skewe kyke lok op die Karoodorpie waarheen sy gesin verhuis.
Dieners & Donners
Fish Pescado is op sy branderplank. Hy’s lenig en blond – nie jou gewone privaatspeurder nie. Muizenberg se golwe is sy paradys, maar hy sit sonder werk en sy bankbalans sak.
Valsrivier
Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer.