’n Seder val in Waterkloof

Hierdie skat uit die pen van PG du Plessis is Innibos 2011 se opdragproduksie en maak deel uit van die PG du Plessis Vereringsgeleentheid.

In die bekwame hande van regisseur Albert Maritz kry hierdie tydlose verhaal weer lewe en bewys dit dat goeie teater altyd toepaslik is. Hierdie bekende stuk is een van die beste satiriese komedies in Afrikaans en is sedert publikasie in 1977 al talle kere opgevoer.

Die verhaal handel oor ’n kolos in die akademie en sy neus-in-die-lug familie. Hulle wil Raadslede proff. Lategan en Vredenburg trakteer en oorhaal om vir Jakobus-Daniël van Vuuren as Voorsitter van die Akademie te stem.

Dan daag platvloerse familielede van Krugersdorp by die Van Vuurens op en veroorsaak ’n opskuddig in die gesiene Waterkloof-woning. Die poppe begin behoorlik dans wanneer ’n “lewenslustige” meisie genaamd Poppie haar opwagting maak!

Dramaturg PG du Plessis lewer met deernis en simpatie sosiale kommentaar en spot op vlymskerp wyse met valsheid en snobisme. Hoogmoed kom tot ‘n lagwekkende val.

Kom kyk gerus na hierdie verhoogtreffer waar die draak met gesiene mense in hoë posisies gesteek word.

Ligte komedie vir die hele gesin.

Met Chris van Niekerk, Erica Wessels, Waldemar Schultz, GiGi, Jana Fischer, Petrus du Preez, Wessel Pretorius, Janel Jordaan, Lulu Botha, Francois Jacobs en Adriaan van As.
Teks: PG du Plessis
Regie: Albert Maritz
Tegniese Regisseur: Gaerin Hauptfleisch
Ontwerp: Leopold Senekal, Gaerin Hauptfleisch en Albert Maritz

Innibos 2011

Datum en tyd: Wo 29 Junie 18:00, Do 30 Junie 10:00, Vr 1 Julie 20:00, Sa 2 Julie 11:00
Venue: Nelspruit Stadsteater
Tydsduur: 120 minute
Prys: R92

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto’s van die resepte is ook welkom.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar