#Aardklop Jani

Jani Allen – ’n liefling vir sommige en uitgesproke teenoor almal, ’n intelligente kommentator en taal-virtuoos.

Maar toe loop dinge skeef en die wêreld kon nie hul oë afhou van haar onstuitbare en verpletterende val nie. Verraad en verloëning deur vriende en kollegas laat haar uitwyk na Amerika, waar sy op 63 begin werk as ’n kelnerin.

Jani bied ’n ironiese terugblik, met vlymskerp humor, op dié merkwaardige vrou se epiese tog van ambisie, ontnugtering en haar eie aandadigheid aan ’n ontspoorde loopbaan en lewe.

* Première *

Met: Sandra Prinsloo
Verwerking: Saartjie Botha
Regie: Christiaan Olwagen

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R 130
Plek: kykNET Gimmies, Potchefstroom
Datum: 6 Okt. – 09:00, 7 Okt. – 13:30, 8 Okt. – 14:30, 9 Okt. – 20:00, 10 Okt. – 12:00

Aardklop 2015

Jani,
Roekeloos,
12 Augustus 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply