Een donker, stormagtige aand gedurende die laaste bitter dae van die Suid-Afrikaanse oorlog, in ’n uitgebrande skuur van ’n plaas lê ’n gewonde Boeregeneraal wat versorg word deur Anna, ’n kruiedokter van uitsonderlike magte.
Haar aantreklike, maar bloedlose dogter, Annie, is ook besig om te veg vir haar lewe, maar het veel meer nodig as haar ma se konkoksies.
Die generaal se dapper en getroue adjudant, gebrei deur die slagveld en die afgryse van oorlog, staan nou voor ’n verskriklike keuse en ’n nuwe onnoembare gevaar.
In ’n wêreld waar mans, in die naam van patriotisme lewens en landskappe vernietig, moet vroue meer subtiele en misterieuse metodes ontwikkel om te oorleef.
Reza de Wet verweef digterlik en kragtig ’n verhaal van liefde in ’n tyd van vernietiging, wat die alledaagse omskep in die uitsonderlike.
Reza de Wet is vyf jaar gelede op 27 Januarie 2012 oorlede. Hierdie is ’n huldigingsproduksie aan een van Suid-Afrika se belangrikste en mees invloedryke toneelskrywers.
Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 12 April 12:15.
* Debuut *
Met: Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt
Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson
Teks: Reza de Wet se Breathing In
Beligtingsontwerp, produksie- en verhoogbestuurder: Chris Pienaar
Assistentverhoogbestuurder: Izel van der Merwe
Produksiehuis: Raminidam
Vervaardiger: Kunste Onbeperk
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 14 –
Tydsduur: 2 uur
Kaartjies: R140
Plek: SANW-ouditorium, Oudtshoorn
Datum: 8 April 19:00; 9 April 10:00; 10 April 14:30; 11 April 19:30; 12 April 10:00; 14 April 14:30; 15 April 14:30
KKNK 2017
Asem
Asem
Roekeloos
3.5