Betésda

Betésda
Roekeloos

Betésda is ’n omgewingspesifieke drama wat die storie van Betésda in die Bybel as vertrekpunt gebruik.

Dit vind plaas in en rondom ’n munisipale swembad.

’n Groep mense, wat hunker na genesing, wag op die koms van ’n engel wat met een duik in die water hul van hul siektes kan genees, maar daar is onverwagse omwentelinge.

Die stuk wat as ’n lagwekkende, apokaliptiese reis beskryf kan word, ondersoek die soms magiese wêreld van verlore drome. Die drama duik met groot paddavoete aan die diepkant in en draai nie om nie. Betésda is die plek waar harte ontplof op die maat van musiek en hoop ontbind in helder kleure.

’n Oraloor-aanbieding.

Teks en regie: Nicola Hanekom
Musiek: Braam du Toit
Choreografie: Fiona du Plooy
Met Neels van Jaarsveld, Stian Bam, Gretha Brazelle, Bronwyn van Graan, Eben Genis, Carishma Basday en Mark Elderkin.

Betésda

60 min. R90 NA Smitswembad
1 Apr. 19:00 2 Apr. 19:00 3 Apr. 19:00 4 Apr. 19:00 5 Apr. 19:00 6 Apr. 19:00 7 Apr. 19:00

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

KKNK 2010

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply