BreinBliksem

BreinBliksem is ‘n verwerking van Fanie Viljoen se jeugroman. Dié skrikwekkende verhaal handel oor die jeug se konflik met hulself, hul portuurgroep en die invloed van volwassenes. Die individu se bestaansreg word deur die benewelde brein van Chris Burns, ” ‘n 17-jarige adolessent” gesien. “Ek maak vir jou die hel oop” – is dit ‘n waarskuwing of tikfout; ‘n SMS vol wrange beloftes?

Insig beskryf BreinBliksem as “Trainspotting in Bloemfontein”. Dis ‘n kragtoer. ‘n Moetsien vir alle tieners, jong volwassenes en volwassenes wat belang stel om die jeug van vandag te verstaan. Die produksie raak temas aan soos drank- en dwelmmisbruik, promiskuïteit en verbrokkelde gesinne en kan dalk jou brein bebliksem! Nie vir sensitiewe kykers nie.

Teksverwerking en regie: Thys Heydenrych. Met Alec Debbo, Carel Nel, Wilhelm van der Walt, Elizna Pieters, Marijda Kamper, Belinda Parkin, Hanno van Heerden en Johan Gricius.

Aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat. Finalis vir die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater.

Lewer kommentaar

Leave a Reply