Brolloks en Bittergal

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Bekende regisseur Marthinus Basson is verantwoordelik vir die regie van hierdie speelse verwerking van C. J. Langenhoven se bekende verhaal oor twee mensvreters, Brolloks en Bittergal. Teksskrywer Denene Erasmus laat die verhaal afspeel in Knysna en in die Karoo en beloof heelwat interaksie met die gehoor.

Na Brolloks en Bittergal ´n onderonsie gehad het, het Brolloks in die Knysna woud gaan woon waar die waternooientjie keer dat hy sy mensvreterige gewoontes uitleef. Bittergal aan die ander kant bevind homself in die Karoo met die pragtige sonnemeisie wat voor sy wanpraktyke ´n stokkie probeer steek. Na vele kinkels en skelmstreke word sake tot ´n rumoerige konfrontasie gevoer as Brolloks en Bittergal mekaar byna uitwis. Te midde vele kwinkslae en klugtige humor is ´n orkes, toegerus met alledaagse gebruiksartikels as instrumente wat beloof om saam met die ander ontwerpselemente te sorg vir ´n visuele feestelikheid. Kinders van alle ouderdomme behoort die produksie te geniet.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar