Buitepos

Na die sukses van Die Naaimasjien volg Rachelle Greeff se tweede toneelstuk.

Dié keer oor ’n man wat elke laatmiddag in die droë rivierloop buite die Karoodorp Buitepos alleen met sy klippe en sy gedagtes is. En toe laat weet die poskantoor daar wag ’n geregistreerde brief.

Buitepos trek ’n vinger oor die snykant van stilswye. Dis ook ’n sanksie vir die vergifnis – en die plesier – van die liefde.

Teks: Rachelle Greeff

Regie: Fred Abrahamse

Klankbaan: Charl-Johan Lingenfelder

Met Marko van der Colff, Deidre Wolhuter en Jill Middelkop

KKNK 2012

80 minute
R90
Griesselsaal, Oudtshoorn
31 Maart 12:00 1 April 19:00 2 April 10:00 3 April 14:00

Lewer kommentaar

Leave a Reply