Die Konings is ’n werkswinkel kabaret wat trek uit die tradisies van drag kings, satire en improvisasie-komedie.
Anoecha Krüger, Marelize Viljoen en Elisha Zeeman gebruik hulle manlike alter-ego’s om ’n skreeusnaakse satire te skep uit seks, geloof, politiek, en alles tussen in. Omdat die gehoor se bydra so belangrik is beloof elke optrede om ʼn unieke ervaring te wees.
Die teks is deur Louis Roux (in samewerking met die geselskap) saamgestel. Musiek deur Talíta Beyl en die regie word deur Andrico Goosen behartig.
Kaartjie pryse wissel tussen R100 en R120, afhangende van teater:
Drostdy Teater, Stellenbosch | 2 November 2018 om 20:15
Drama Factory, Somerset-Wes | 10 November 2018 om 19:00