Die Poggenpoels uit Bethlehem, Vrystaat, was al by die KKNK.

Ouma Ossewania Kakebenia het haar storie nog in die vorige eeu kom deel, en haar dogter, Evangelie, was al ’n paar keer by die fees in haar gedaante as Evita Bezuidenhout. Hulle is nou albei terug om die 25ste fees saam te vier.

Ouma Ossewania, nou beslis oor die 100 jaar oud, is de hel in oor die politiek, die ouetehuis en die verlede.

Evita Bezuidenhout, nou lid van die ANC en steeds die bekendste wit vrou in Suid-Afrika, se fokus is op 2019 se algemene verkiesing. Ja-nee, Tannie Evita praat kaktus! Wees gewaarsku: Vryheid van spraak seëvier op die vlaktes, en die waarheid sal uit!

Met: Pieter-Dirk Uys

Teks en regie: Pieter-Dirk Uys

Vervaardiger: Evita se Perron

Genre: Komedie

Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Geen o/12 jaar

Tydsduur: 1 uur 10 minute

Kaartjies: R145 | R160 by die deur

Plek: Absa Burgersentrum, Oudtshoorn

Datum: 25 Maart 18:30

KKNK 2019

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Die Poggenpoels, was by verre die swakste en mees vulgere produksie op die KKNK in 2019. N’ groot klomp mense het midde in die vertoning opgestaan en uitgeloop. Ook gesiene stigters lede van die fees het uitgestap. Swak as woord word beledig om die produksie te beskryf. Evita moet nou maar uit tree want dit is nou genoeg. Ek kom al 20 jaar op die fees en het dit nog NOOIT ervaar nie

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar