Die dawerende lag van die befaamde radiopersoonlikheid en rubriekskrywer Madeleine van Biljon op ’n hele verhoog van vrolike woorde.

Dis kwellinge en kwinkslae vol waarhede dié, saamgestel uit haar en haar man, Pieter, se werk – hy wat self rubrieke as mediese dokter geskryf het onder die skuilnaam Dr. Hans Spatel. Hy het sy vrou beskryf as “wederstrewig maar verstandig”.

* Debuut *

Met: Johann Nel en Susanne Beyers

Regisseur en verwerking: Juanita Swanepoel

Skrywers: Dr. Pieter van Biljon en Madeleine van Biljon

Genre: Woordkuns

Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Geen

Tydsduur: 1 uur

Kaartjies: R140 | R160 by die deur

Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch

Datum: 7 Maart 12:00 | 9 Maart 16:00 | 10 Maart 11:00

Woordfees 2019

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar