Fast Forward to a New You-liefdadigheidsontbyt

In die gees van vernuwing en verjonging eie aan die lentetyd bied modekleinhandelaar Jade & Velvet jou die geleentheid om deel te neem aan die ‘Fast Forward to a New You’ ontbyt om fondse in te samel vir die FASt Forward Fund – ‘n liefdadigheidsinisiatief wat ondersteuning bied vir kinders wat ly aan Fetale Alkohol Sindroom (FAS). FASt Forward fokus op die verskaffing van perdry-terapie vir kinders wat ly aan die gevolge van die sindroom.


Die MC is Helene Truter (Tannie Poppie van Vetkoekpaleis) en die program bestaan uit praatjies deur ‘n verskeidenheid opwindende sprekers sowel as ‘n optrede deur bekende musikant Gerald Clark. Dit gaan ‘n prettige oggend wees, propvol raad en moontlike nuwe insigte deur kenners op die gebied van gesondheid, skoonheid en persoonlike welsyn. Sprekers sluit in Ina Viljoen van die Faith Fund, Dr Nardus Le Grange van Aesthetics and Riaan Heinse van Heinz Hair & Beauty Salon in.

Een van die instansies wat baatvind by hierdie fondsinsameling is Equitots wat werk met perde-terapie vir kinders. Perdry is wetenskaplik bewys om ‘n uitstekende vorm van terapie te wees vir kinders met spesiale behoeftes. Dit verbeter balans, spiertonus en buigsaamheid, sowel as die ontwikkeling van redenering, geheue en ander kognitiewe funksies. Deur saam te span met programme soos Equitots gee die FASt Forward Fund FAS-lyers toegang tot hierdie uitstekende vorm van terapie.

Bekende musikant Gerald Clark, wat ook optree by die ontbyt, het ‘n paar jaar gelede besluit dat hy wil teruggee aan sy gemeenskap en het ‘n manier gevind om dit te doen deur sy betrokkenheid met FASt Forward. “Ek het die wonderlike resultate van interaksie tussen FAS-lyers en opgeleide perde eerstehands waargeneem. Die een dogtertjie, Abigail, staan in besonder vir my uit. Abigail is vroeg gebore en het so ‘n erge graad van FAS gehad dat dokters voorspel het dat sy nooit in staat sou wees om op haar eie te loop nie. Ek was teenwoordig tydens ‘n perde-terapie sessie en het gesien hoe sy binne minute na hulle haar op ‘n perd geplaas het haarself georiënteer het en belangstelling in omgewing begin toon het. Nou die dag het ek haar sien rondhardloop, dans en lag! Sy is nou drie jaar oud en slegs vier maande agter die ontwikkelingsfases van ‘n normale kind,” sê Gerald.

Emma Weitzel, fassiliteerder en perde-terapie spesialis by Equitots Equine Assisted Growth & Learning, verduidelik hoekom hierdie tipe terapie sulke goeie resultate toon in die behandling van kinders wat ly aan FAS:

“Kinders met emosionele- en gedragsprobleme kan moeilik wees om mee te werk in ‘n terapeutiese opset. Hulle is meestal traag om volwassenes te vertrou en mag selfs onbereid wees om enige iemand te vertrou. Indien die gedragsprobleme die gevolg is van misbruik kan die kind ook kwaad wees en geneig wees tot emosionele uitbarstings. Daar is verskeie aspekte van kognitiewe/perde-terapie wat goed werk met hierdie kinders. Een van die mees eenvoudige aspekte is afleiding. Wanneer ‘n kind gefokus is op die versorging, voeding en oefening van ‘n perd is sy fokus nie meer op sy eie sake en probleme nie. Dis egter nie ‘n ongesonde manier van ontsnapping nie – die versorging van ‘n perd bied emosionele verligting en ‘n intellektuele fokus wat die individu verfris laat omdat hul gedagtegang vir ‘n wyle van hul alledaagse probleme verwyder word.

Ten einde ‘n perd behoorlik te versorg moet kinders ook nuwe vaardighede ontwikkel. Die ontwikkeling van hierdie vaardigheide kan die lae selfbeeld van ‘n ongeduldige, angstige kind oneindig baie help. ‘n Kind se reaksie op die perde kan ook uitstekende insig bied oor hul opinie oor hulself en ander, met spesifieke fokus op gesagsfigure. Deur die kind te leer om met die perd te kommunikeer kan die terapeut die kind dan indirek leer om dieselfde vaardighede toe te pas in hul inter-persoonlike verhoudings.”

Die Jade & Velvet span sien uit daarna om jou op 5 September by Skilpadvlei te verwelkom.

Plek: Skilpadvlei, Stellenbosch op 5 September 2015, 09h30 vir 10h00.
Koste: R 250 (sluit ontbyt, ‘n modeparade, vermaak en verskeie sprekers in)
Kaartjies: 061 277 1983 of e-pos ice@choclatelace.co.za
Kaartjies ook beskikbaar by Jade & Velvet takke in Somerset Mall en Tygervallei.

Gerald Clark
Gerald Clark

* As jy nie die geleenheid kan bywoon nie, maar steeds ‘n bydrae wil maak tot die FASt Forward Fund kan jy gerus ‘n e-pos stuur aan ice@choclatelace.co.za.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar