Op 5 Maart 2015 rol kykNET vir die vyfde keer die blou-tapyt uit vir ‘n glansryke toekenningsgeleentheid om die rolspelers en talent in die Afrikaanse kunste te vereer. Hierdie glansryke geleentheid sal vir die tweede keer regstreeks uitgesaai word op kykNET, DStv kanaal-144.
Die uitsending beloof om ‘n hoogtepunt te wees met optredes van kunstenaars soos Joshua na die reën, Corlea Botha, Brandon October, Hemelbesem, Magdalene Minaar, Roelof Temmingh en die Cape Town City Ballet. Spesiale uittreksels uit genomineerde produkesies naamlik; Taal van my hart, Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade, Die Seemeeu en Dogma, vorm ook deel van die program en kykers kan uitsien na ‘n paar verassings en bekendes soos wat hulle nog nooit op die verhoog te siene gehad het nie. Die seremoniemeester vir die aand is Frank Opperman en hy word bygestaan deur gasaanbieders; Jana Cilliers, Dawid Minaar, Cindy Swanepoel, June van Merch, De Klerk Oelofse en Quanita Adams.
Agter die skerms is daar ‘n gesoute span van bekendes wat verantwoordelik is vir die regstreekse uitsending. Ian von Memerty behartig vir die tweede agtereenvolgende jaar die regie van die uitsending. Hy word bygestaan deur Janine Neethling-Opperman as musikale regisseur wat ook verantwoordelik is vir die verwerkings en musikale samestellings wat kykers die aand gaan sien. Die stel is ontwerp deur Jaco Bouwer en Juanita Kotze is verantwoordelik vir die inkleding en kostuums van die produksie. Die Fiëstas vind hierdie jaar by die Kunstekaap Operahuis in Kaapstad plaas.
Die Fiëstas word beskou as die vertoonvenster van Afrikaanse talent waar akteurs, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars vir hul uitnemende werk van die afgelope jaar vereer word. Die nominasies vir die 2015 Fiëstas is as volg:
BESTE AKTEUR | |
Albert Pretorius | Die Seemeeu & Playland (Aardklop & Suidoosterfees) |
Gerben Kamper | Samsa-Masjien (KKNK) |
Hennie Jacobs | Boeing Boeing (KKNK) |
Richard September | Rondomskrik (KKNK) |
BESTE AKTRISE | |
Antoinette Kellermann | Samsa-masjien (KKNK) |
Rolanda Marais | Dogma & Die Seemeeu (KKNK & Aardklop) |
Tinarie van Wyk Loots | Dogma (KKNK) |
Sandra Prinsloo | Die Seemeeu (Aardklop) |
BESTE MANLIKE BYSPELER | |
Dann-Jacques Mouton | Die Rolbalspeler (Suisoosterfees) |
Dawid Minnaar | Bloed en Rose (Aardklop) |
Stian Bam | Bloed en Rose (Aardklop) |
Dean-John Smith | Braai (KKNK) |
BESTE VROULIKE BYSPELER | |
Antoinette Kellermann | Bloed en Rose (Aardklop) |
June van Merch | Die Rolbalspeler (SUidoosterfees) |
Lee-Ann van Rooi | Rondomskrik (KKNK) |
Marga van Rooy | Beauty Queen (Suidoosterfees) |
BESTE REGISSEUR | |
Christiaan Olwagen | Dogma & Die Seemeeu (KKNK & Aardklop) |
Marthinus Basson | Bloed en Rose (Aardklop) |
Henry Mylne | Beauty Queen (SOF) |
Jaco Bouwer
|
Poskantoor & Samsa-masjien (Aardklop & KKNK) |
TEATERONTWERP | |
Birrie le Roux & Christiaan Olwagen | Die Seemeeu (Aardklop) (KOSTUUMS) |
Marthinus Basson | Bloed en Rose (Aardklop) (STEL & KOSTUUMS) |
Jaco Bouwer | Poskantoor & Samsa-masjien/ (Aardklop & KKNK) |
Nico Scheepers | Rondomskrik (KKNK) (STEL) |
BESTE PRESTASIE IN ‘N MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE | |
Laurika Rauch & Elvis Blue | Hart en See (KKNK) |
Emo Adams | Finding Emo |
Magdalene Minnaar | Taal van my hart (Aardklop) |
Janine Neethling | Taal van my hart (Aardklop) |
BESTE SOLO-VERTONING | |
Marion Holm | HOL Marion! (KKNK) |
Carel Nel | Slaaf (KKNK) |
De Klerk Oelofse | Na-aap (Aardklop) |
Frank Opperman | Die klaagliedere van ds Tienie Benade |
BESTE NUWE AFRIKAANSE OPVOERING | |
Christiaan Olwagen | Dogma (KKNK) |
Hennie van Greunen & Rachelle Greeff | Rondomskrik (KKNK) |
Jaco Bouwer & Willem Anker | Samsa-masjien (KKNK) |
Tertius Kapp, Braam du Toit & Jaco Bouwer | Poskantoor (Aardklop) |
BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR | |
Dean-John Smith | Braai (KKNK) |
Francois Jacobs | Frats & Waterpas (Innibos & Woordfees) |
Richard September | Rondomskrik (KKNK) |
Roelof Temmingh | Roelof Temmignh (en Zorada)
|
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK | |
Braam du Toit | Poskantoor (Aardklop) (KOMPONIS) |
Elizabeth Frandsen | Poskantoor (Aardklop) (SANG) |
Magdalene Minnaar | Poskantoor (Aardklop )(SANG) |
Odeion Strykkwartet | Homage-ń Huldiging van Suid-Afrikaanse komponiste (KKNK) |
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS | |
Diek Grobler | Filmverse (Aardklop) (ARTISTIEKE REGISSEUR) |
Gerhard Marx | The Garden at Night (Aardklop) |
Hannalie Taute | Rubber ever after (KKNK) |
Little Marionette Company | Geliefde TV Sterre (Woordfees) (KURATORSKAP) |
BESTE MUSIEKPRODUKSIE |
|
Finding Emo | KKNK |
Hart en See | KKNK |
Nataniel – Menopause | Woordfees |
Taal van my hart | Aardklop |
BESTE AANBIEDING | |
Beauty Queen (Suidoosterfees) | |
Bloed en Rose (Aardklop) | |
Die Seemeeu (Aardklop) | |
Dogma (KKNK) | |
Poskantoor (Aardklop) | |
Rondomskrik (KKNK) | |
Samsa-masjien (KKNK) |
‘n Onafhanklike beoordelaarspaneel besoek jaarliks die landswye kunstefeeste om nominasies vanuit die debuut werke te kies.
kykNET is ook die gasheer vir die eerste Fiëstas seminaar wat plaasvind op 4 en 5 Maart by Die Protea Hotel – President. Die seminaar bestaan uit paneelbesprekings met van die genomineerde kunstenaars en groot rolspelers sal ook van die geleentheid gebruik maak om in gesprek te tree oor industrie verwante kwessies.