“’n Man en vrou wat ’n kind verloor het, toe hulself en uiteindelik mekaar.”
Ná baie jare van skeiding ontmoet ’n man en vrou weer by hul kind se graf. Hy het aanbeweeg en kyk vorentoe. Sy bly vasgevang in die verlede.
Sal van ons grootste uitdagings ons op ’n pad van verdere hartseer en smart lei? Of kan hoop uit ons diepste emosionele pyn en onrus gebore word?
Terwyl hulle die laaste oomblikke saam met hul geliefde onthou, neem die man en vrou hul eerste tree na versoening.
* DEBUUT *
Met: Atandwa Kani & Tinarie Van Wyk Loots
Regie: Erwin Maas
Teks: Lot Vekemans
Vertaling: Willem Anker
Klank: Kenny Rakotsoane
Ontwerp: Guy de Lancey & Michael Garbett
Produksiebestuurder: Adriaan Meyer
Verhoogbestuurder: Michelle Hetzel
Genre: Drama
Taal: Afrikaans, English, isiXhosa
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R130
Plek: Andre Huguenet, Bloemfontein
Datum: 18 Jul 17:30 & 20:30, 21 Jul 17:00, 22 Jul 20:00
Gif / Poison / Ityhefu
Gif / Poison / Ityhefu
Roekeloos
3