Hotel Vleispaleis

Hotel Vleispaleis deur Leon Kruger is die storie van vier vroue wat na morsige egskeidings watertrap en nou op die rand van die samelewing wankel.


Tannie Edie bestuur ‘n bordeel, maar dit blyk nie ‘n baie suksesvolle besigheid te wees nie. Dalk doen hulle iets verkeerd. Op die oog af vermoed ons daar is net twee gereelde klïente. Die vulstasiebestuurder wat Shanie se tone vir ‘n draairoomys aansien en betaal met ‘n tank petrol en Suzie se kêrel, Edwin, maar hy gaan ophou betaal wanneer hulle verloof raak.

Amelda reageer op ‘n koerantadvertensie om daar te kom werk. Sy dink dis ‘n bemarkingspos en weet nie waarvoor sy haar inlaat nie. Nie net word haar inhibisies gekonfronteer nie, sy moet leer hoe om te Skootskoffel (lap dance) en word op ‘n bisarre toer geneem oor die fynere kunsies van verleiding. Maar hoekom is Amelda regtig daar en wie is sy nou eintlik?

Hotel Vleispaleis is ‘n komedie oor lojaliteit, deernis, vriendskap en die waarde van ‘n goeie Skootskoffel. In die rolverdeling is Susanne Beyers, Chanelle de Jager, Dorette Potgieter en Esther von Waltsleben. Die regie is deur Gaerin Hauptfleisch.

Nou Ja Toe produksies, in samewerking met Stercus produksies

Hotel Vleispaleis
Hotel Vleispaleis
By die Boer Restaurant Teater in Durbanville op Woensdag 15 Oktober 2014 om 20:30. Kaartjies is R140 en beskikbaar by 021 979 1911/ 083 406 0111.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar