(Tussen hakies, ‘n hotnotsgot bid nie, hy wag.)
‘n Stuk oor mense wat wag – op iets om te gebeur. Om die gevolge van ‘n gebeurtenis te ervaar. Om besluite te neem. Om hul lewens te verander. Om te sterf.
In die vertoning van 73 minute met ‘n voorskou van twee minute ontmoet jy vyf wagtende karakters: twee vroue en drie mans. Die voorskou is ‘n vreemdgeit in rym wat die toon van die stuk aangee.
Deur vyf karakters en Soli Philander se ouma verseker hy ‘n ervaring in agt bewegings van verskillende lengtes. Dis ‘n hedendaagse oorsig van die Suid-Afrikaanse samelewing wat wyd strek, snaaks en hartseer is en ‘n mens laat dink. En dis woelig Afrikaans.