#kknk2016 Pa

André is 65 jaar oud. Anna, sy dogter, is ’n goeie dogter wat sorg dat haar pa alles het wat hy nodig het.

Maar André se horlosie is (weer) weg en hy wéét dat Lara, sy versorger, dit gesteel het. André wonder ook oor Pierre, Anna se nuwe liefde, die man lyk vir hom arrogant en gevaarlik. En hy herken nie die stoel wat nou in sy sitkamer staan nie. En wie is die weird vrou wat soms maak asof sy Anna is? En waar is Elize, sy jonger dogter – daai een vir wie hy eintlik lief is?

Een vir een gaan die liggies in André se kop af.

Florian Zeller se snaakse, roerende wêreldtreffer is ’n studie van geheue, van familie en van herinneringe, en kry met ’n wêreldklas rolverdeling lewe in Afrikaans.

* DEBUUT *

MET Chris van Niekerk, Milan Murray, Stian Bam, Roeline Daneel, Ira Blanckenberg en Benedikt Sebastian

REGIE Hennie van Greunen

TEKS Florian Zeller
VERTALERS Elouise du Toit en Naomi Morgan
OORSPRONKLIKE WERK Le Père (The Father)
MUSIEK & VERVAARDIGER Pedro Kruger
KOSTUUMONTWERP Rouvé Hattingh
VERHOOGBESTUURDER Adriaan Louw

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R130
Plek: SANW-ouditorium, Oudtshoorn
Datum: 24 MAART 09:00 | 25 MAART 14:30 | 26 MAART | 09:00 | 27 MAART 14:30 | 28 MAART 19:30 | 29 MAART 09:00 | 30 MAART 19:30

KKNK 2016

Pa,
Roekeloos,
17 Maart 2016.

2.5

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar