Kruger Kook

By die pas afgelope KKNK 2008 is hy vir 2 Kanna’s genomineer. Een koerant noem hom die Schalk Burger van die teaterwêreld en volgens ‘n ander is hy die veelsydigste kunstenaar in die land en sy ma hou vol dis nie haar skuld nie.

Leon Kruger is te sien in sy nuwe een man komedie, Kruger Kook, ‘n unieke mengsel van skerpskets en karakterkomedie waar hy alledaagse situasies en mense op n soms stoute manier lewe gee.

Ontmoet Hendrik, die sekuriteitsman met die Magnum snor wat by ADD werk. Ons kry te doen met n selfmoord bommer wat gefire word. Nurse Betty, die tannie wat al die seuns in gr 2 in hul onderbroeke laat staan het en dan gedwing het om te hoes. Letitia, die meisie op die hoek van Lus en Loop wat haar lyf saans om die robot drape en beloftes van lekker kry verkoop. Dan klim hy ook onder die politici in en beskuldig almal dat hulle nie die Meester van hul Peester is nie. Eina! Dit alles terwyl hy ‘n uur op die foon moet aanhou want sy internet het gekalf en sy krag staan op 2 eenhede en hy kan net krag via die internet koop.

Leon Kruger
Leon Kruger
O ja, voor ek vergeet, in die laaste skets gee Leon eindelik sy Sterfbed resep vir Moelikheid. Al wat ek daaroor kan sê is: Wees bang, baie bang as hy jou eendag nooi vir ‘n braai!

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar