Umberto, ʼn bejaarde vrygesel, is vies vir sy huishulp Serpina omdat sy nie vandag vir hom sjokolade gebring het nie.

Serpina het so arrogant geword dat sy reken sy is die vrou van die huis. Wanneer Umberto haar roep om sy hoed, pruik en jas te bring, verbied sy hom om die huis te verlaat en voeg daarby dat hy van nou af haar opdragte sal moet gehoorsaam.

ʼn Heerlike stuk deur die Italiaanse komponis Giovanni Battista Pergolesi. Die produksie is onder toesig van die UK (Universiteit Kaapstad) opera alumni en is ʼn buffo/komiese opera. Jong sangers stel hul ontluikende talent en verhoogvaardighede (sang en toneelspel) ten toon.

Met: Bongani Kubheka (bariton), Nombulelo Yende (sopraan) en Devon Florence (stil akteur)

Regisseur: Xolane Marman

Musikale regisseur: Dr Lisa Engelbrecht

Verhoogbestuurder: Rennee Malherbmise

Genre: Opera

Taal: Italiaans

Plek: Artscape kykNET-teater, Kaapstad

Datum: Saterdag, 27 April 2019 | 16:00 – 17:00

Suidoosterfees 2019

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar