Lee Roy Brown en Hein Poole, Nommer 4

Skaterlag op lentedag met Lee Roy Brown en Hein Poole se nuwe komedie, of te wel stand-up, Nommer 4, wat sy verskyning by die Ou Meul Teater maak,

Hierdie twee kunstenaars werk al sedert die begin van 2012 saam en het ook die welbekende komedie, Fietna lekke jy, by Kunstekaap opgevoer in 2013.

Al twee is boorlinge van die Boland, vanaf Paarl en Wellington onderskeidelik, en hul toer die land plat met ‘n verskeidenheid produksies.

Hierdie manne begin ook volgende jaar die feeste aanpak met hulle nuwe komedie, Nommerpas, waarvan Gaerin Haupfleisch die regie behartig.

Sondag, 1 September, 16h30
R45.00
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply