’n Lewende disseksie van vier karakters wat dit verdien.

Die Hertzog-pryswenner Tertius Kapp plaas die liefde onder kruisverhoor, in gesprek met Patrick Marber se Closer.

Tussen hedonisme en sinisme, dierlikheid én dierbaarheid, word nuwe moontlikhede vir teerheid ontgin, deur onder die oppervlak van die liefde se clichés te delf.

Die gedugte span van Kapp en Bouwer (Rooiland) vlek weer op onverskrokke wyse die moderne leefwêreld oop.

Gratis gesprek met geselskap na vertoning: 9 April 10:30.

* Debuut *

Met: Anna-Mart van der Merwe, Brendon Daniels, Wilhelm van der Walt en Tarryn Wyngaard

Regie: Jaco Bouwer

Teks: Tertius Kapp

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R125
Plek: Laerskool Van Reedesaal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 09:00; 9 April 09:00; 10 April 09:00; 11 April 20:00; 12 April 11:30; 13 April 20:00; 14 April 16:30; 15 April 17:00

KKNK 2017


Liewer

Liewer
Liewer

Liewer


4.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply