‘n Akoestiese weergawe van Nataniël se nuutste verhoogskepping, LOVESICK TIM, word aangebied by die Drostdy Teater in Stellenbosch. Met splinternuwe stories in Engels en Afrikaans, sal hierdie vertoning kyk na liefdesliedjies van die vroegste tye tot die heel nuutste neigings, die jazz van die 40’s, die kronkel van die 50’s, die vryheid van die 60’s, die hartseer van die 70’s en die nimmereindigende evolusie van liefde en chaos in popkultuur.
Nataniël kondig met trots aan dat LOVESICK TIM ‘n “groen” produksie is. (Ons planeet versmoor!) Alle kostuums of rekwisiete word geskep uit herwonne materiaal, lang-bewaarde lap uit die argief, ontdekkings uit “vintage”- versamelings en aankope van liefdadigheidsprojekte. En ure se geduldige handewerk! Skouspelagtig soos altyd, verantwoordelik soos nodig.
Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis.
Kostuums deur Floris Louw
Drostdy Teater, Stellenbosch
17 Februarie 2022 – 19h00
18 Februarie 2022 – 19h00
19 Februarie 2022 – 15h00 & 19h00
