In hierdie ver­toning word die klanke van Emile Minnie verweef met die komiese vertel­lings van Louise van Zyl. Die stuk word by die Kalfie­fees be­kend­gestel en beloof om uitmun­tende vermaak te verskaf.

Emile word deur Laurika Rauch beskryf as een van SA se top-Afrikaanse liedjieskry­wers. Nagmusiek is benoem vir ’n SAMA vir beste alternatiewe Afrikaanse album, hy was derde in die Huisgenoot se Tempo-liedjie­skryf­kompetisie, en hy is benoem vir ’n Kan­na vir beste kaba­ret by die KKNK. Hier­die etensuurkonsert is ’n pro­duk van Sprokkel­ster Produksies.

Vat jou piekniek­mandjie en kom geniet ’n uur vol vermaak.

Vrydag 9 Augustus 13:00 
De Wetsaal, R100, 60min. Geen o.12 (taal)  

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar