Pedro Kruger was onlangs op televisie te sien as die briljante gasheer van ’n gewilde musiekprogram wat top Suid-Afrikaanse kunstenaars se unieke lewensverhale, passies en musiekloopbane met gehore gedeel het. Maar wat van Pedro se “eie klavierkuier”, vra mense tereg? Wel hier is die konsert waarvoor ons almal gewag het. Kom ontmoet hierdie formidabele TV aanbieder, gesoute akteur, ’n uitsonderlike komponis, sanger en ’n bobaas storieverteller, alles in een borrelende persoonlikheid verpak.

In ’n Klavierkuier met Pedro deel hy vir die eerste keer die asembenemende musiekreis van sy eie lewe en ’n loopbaan wat reeds oor drie dekades strek. Vanaf sy professionele buiging op ouderdom 15 in ’n verwerking van Fiela se Kind, na intieme kykies na klavierkuiers as seun saam met sy eie gesin, tot by internasionale optredes in wêreldstede soos Edinburgh en New York.

In, ’n Klavierkuier met Pedro kry gehore ’n spesiale kykie in die wêreld van Pedro Kruger, soos gedeel vanaf sy “gunsteling sitplek in die wêreld”: daai een agter die klawers van die klavier.

By die Boer Restaurant Teater in Durbanville op Saterdag 28 September 2019 om 20h30 en Sondag 29 September 2019 om 13h30.  Kaartjies kos R145 en is beskikbaar by 021 979 1911.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar