Het jy al ’n genesing-seremonie ervaar? Spesifiek een deur ’n New Age ghoeroe wat heeldag op sosiale media uithang.
Sommige sê hy is gebore met ‘n bottel Kombucha in die een hand en ‘n joga-mat in die ander tydens ‘n Vedic Shadow Planet-verduistering. Ander sê hy neem al wat ’n dwelm wat mens laat hallusineer sodat ons nie hoef nie. Andre sê weer hy soek steeds na ‘n kaartjie na Burning Man. Wat hulle ook al sê, Namaste Bae is die guru wat jy nodig het en verdien.
Namaste Bae, ‘n selfgeproklameerde orakel van die Moeder Scoby, sal jou help om jouself in jouself te vind en met die krag van komiese katarsis sal hy jou help om geboorte te gee aan ‘n beter weergawe van jouself.
Namaste Bae is natuurlik niemand anders as Rob van Vuuren nie en hy is 2 Oktober 2024 by Die Boer in Durbanville. Kaartjies is R200 en beskikbaar by 021 979 1911 of dieboer.com.
