Ons vir Jou

Ons vir jou is binnekort weer in die Staatsteater.

Ons vir jou, geskryf deur Hertzog-pryswenner, Deon Opperman, en Sean Else en met musiek deur Johan Vorster, is vir die eerste keer in 2008 aangebied en het in 2009 op publieke aandrang teruggekeer. Dié trefferproduksie is reeds deur 45 000 mense gesien.

Opperman sê: “Ek glo dat enige nasie, soos enige mens, wat nie onthou wie hy was nie, nie sal weet wie hy is nie, en nie kan droom oor wat hy nog kan wees nie”.

Ons vir jou vertel die verhaal van ’n kosbare deel van die Afrikaner geskiedenis. Die impak van die Boereoorlog op ’n jong Afrikanervolk word met deernis en passie uitgebeeld. Met uitmuntende spel, ontroerende musiek en aangrypende dialoog is Ons vir jou ’n een keer in ‘n leeftyd-ervaring.

Aangebied ter viering van die 110de herdenking van die einde van die Anglo-Boereoorlog.

Rolverdeling: Rouel Beukes, Michelle Botha, Jannie Moolman, Marisa Drummond, Paul Luckhoff en Neels Coetzee

Genre: Musiekspel
Wanneer: Vanaf 7 Julie 2012
Plek: Operahuis, Staatsteater, Pretoria
Kaartjiepryse: Van R190 tot R350

Ons vir jou
Ons vir jou

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar