Ooms

Tobie Cronjé en Gerben Kamper is twee knorrige ooms wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis beland.

Maar hierdie is nie ’n gewone ouetehuis nie, dis eerder ’n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is.

Die tehuis is op ’n luukse landgoed iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos ’n tronk met wagte en selfs honde. Al manier hoe jy ‘vrywillig’ hier uitkom, is in ʼn doodskis.

Frans (Gerben Kamper) is ’n hele ruk hier en het al ’n paar keer probeer ontsnap. Hy is die swartskaap en word deurgaans dopgehou. Pierre (Tobie Cronjé) het sopas daar aangeland, glo geskors uit huis Silwerkruin oor sy onhebbelike gedrag en nóú begin die poppe dans!

Die ooms stamp uit die staanspoor kop, maar besef gou dis nie “ons teen mekaar nie” … dis eerder “ons teen die kinders!” Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjiebrei as dit deel uitmaak van ’n indrukwekkende ontsnappingsplan! Hulle het nog lank nie boedel oorgegee nie.

Ooms
Ooms
Die ooms is snaaks, slim en klaargepraat!

* Debuut *

Met: Tobie Cronje en Gerben Kamper

Regisseur en teks: Chris Vorster

Vervaardiger: GZ Productions

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 14 –
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R132
Plek: Laerskool Nelspruit, Nelspruit
Datum: Di 28 Jun 18:00; Wo 29 Jun 09:00; Do 30 Jun 18:00; Vr 1 Jul 14:00; Sa 2 Jul 13:00

Innibos 2016

Ooms

Ooms


2

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Terug pieng: Manne | Roekeloos

Lewer kommentaar

Leave a Reply