Oorsee

Sê nou maar ’n apokalips. Sê nou maar ’n vloed. Sê nou maar Tafelberg is ’n eiland en sy bevolking oorleef na veertig jaar se stortreën. Sê nou maar die opdrag kom van Die Asem. Sê nou maar ’n boot. Sê nou maar ’n handjievol Suid-AfriFabelbergers vaar noord op soek na die Nuwe Wêreld. Sê nou dis al dertien jaar later en nog steeds is hulle ter see. Sê nou maar is ’n lekker sê.

Skrywer Tertius Kapp (van Rooiland-faam) sê sus.

Regisseur Wolf Britz sê so.

By monde van Gerben Kamper, Nicole Holm, Brendon Daniels, Geon Nel en Karli Heine.

Vervaardiger: Saartjie Botha

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16
Plek: Boys High, Potchefstroom
Tydsduur: 100 minute
Kaartjies: R95
24 Sept. – 20:00, 25 Sept. – 09:00, 26 Sept. – 15:00, 27 Sept. – 16:00, 28 Sept. – 20:00

Sluit aan by die Gesprek

5 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar