Dit is 1997 en Nelson Mandela is nog president van Suid-Afrika. Almal praat van versoening en harmonie na jare se verdeeldheid op grond van ras. Dis te midde van alles dat Ellen Robinson die driejarige swart meisie, Lindiwe, aanneem.
In 2012 is Lindiwe 18 en heel gelukkig in haar voorstedelike huis. Dis hier waar haar neef Sicelo in die prentjie kom. Hy is werkloos, bly in Khayelitsha en was al in die tronk.
Die konfrontasie in Rainbow Scars is snaaks, maar laat jou ook dink. Dit fokus op die spanning tussen die wat het en die wat wil hê, die wat gepla is met die verlede en die nie-rassige elite. Dis teater van katarsis.
Met: Terry Norton, Mbulelo Grootboom en Kertrice Maitesa
Regisseur: Lara Bye
Stelontwerp: Mari BorstlapCalitz
Genre: Drama
Gimnasium, Grahamstad
27 Junie tot 6 Julie
Kaartjies: R50
Lewer kommentaar