Die aktrise Shaleen Surtie-Richards is vanoggend dood aangetref in ’n gastehuis in Kaapstad. Sy was 66 jaar oud.

Volgens persone in die vermaaklikheidsbedryf het sy probleme gehad met haar longe en het gereeld gesukkel om asem te haal.

Shaleen het bekend geraak na haar rol as Fiela in die film Fiela se kind (1988). Sy was ook in die filmweergawe van Vaselinetjie (2017). Dan was sy ook ’n bekende gesig in verskeie sepies soos Egoli, 7de Laan, Villa Rosa en Generations.

Haar teaterwerk het Fleur du Cap-toekennings verwerf. In Athol Fugard se Hallo en Koebaai (1985) en in Shirley Valentine (2009).

Shaleen Surtie-Richards

Lewer kommentaar

Leave a Reply