Watter rol speel logic tog in die huwelik? As ons net by Johnny se suster in Montagu gaan kuier, kry die man ‘n veluitslag. “Ma’ dis sy problem. Ek gaan Greece toe, of hy dit nou like of nie.”
Koerantresensente is gaande oor die produksie. Hulle sê Shaleen Surtie-Richards se vertolking van Shirley Valentyn, sowel as die briljante vertaling vanaf die Cockney English na Kaapse Afrikaans, sal gehore na die kaartjieskantoor laat hardloop. Dit werk soos ʼn bom. ‘n Bom wat Shaleen met haar uitmuntende karakterisering laat ontplof as sy haar tipiese, eiesoortige Kaapse geselsies met die muur, sommer Muurtjie, het. Jy lag, jy huil ‘n bietjie, jy knik instemmend wanneer Shirley lewenswyshede kwytraak. Kom ervaar die kleurryke wêreld wat speler, teks en regisseur skep in hierdie tour de force.
Hierdie stuk was die wenner van die Herrie Kanna vir die gewildste produksie op die Absa KKNK 2008.
Teks: Willy Russell
Regie en verwerking: Hennie van Greunen
Met Shaleen Surtie-Richards
Cederberg Kunstefees 2009
Senior Sekondêre Skoolsaal, Clanwilliam
Tydduur: 100 min
Kaartjies: R70 per persoon
Besprekings: Cederberg-feeskantoor by telefoon 027 482 1090
Lewer kommentaar