“Ek wil van geweet wees, Ma, ek wil nie vrek soos ‘n hond nie, ek wil van geweet wees.”
Vele snobistiese teatergangers het die stuk in die jare sewentig afgemaak met: “Daar bestaan nie sulke mense nie.” Maar daar was, daar is, en hulle is dalk jou bure. En met ‘n tikkie ongemak weet jy dat wat toé al die daaglikse lot van vele vroue was, vandag die siekte van ons tyd is.
Siener in die suburbs speel af teen ‘n agtergrond van maatskaplike verval, maar die fokus bly op die komplekse onderlinge menseverhoudings.
Regisseur Heinrich Reisenhofer bring sy intense belangstelling in menslike en sosiale kwessies na hierdie ikoniese kultuurskat.
Met: Shaleen Surtie-Richards, Christo Davids, Brendon Daniels, Andrea Frankson, Dann-Jaques Mouton, Ivan Abrahams en Crystal Donna Roberts
Regie: Heinrich Reisenhofer
Teks: PG du Plessis
Teksverwerking: Oscar Petersen
Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Alexa Strachan
Ontwerp: Kosie Smit
Tydsduur: 120 minute (15 minute pouse ingesluit)
Toegang: 0/13
Clover Aardklop 2015
PUK Sanlam-Ouditorium
6 Okt 19:30
7 Okt 09:00
8 Okt 19:30
9 Okt 09:00
10 Okt 16:30
Besprekings: Computicket.
Kaartjies: R130