Skeer op Richmond

Twee vroue, op soek na aflegging en vernuwing, onderneem ‘n reis tydens Kerstyd. Teen die agtergrond van ‘n landskap waar ‘n mens uitgelewer is aan jouself, deel die gehoor in hul heelwording. Dit is ‘n road movie en ‘n chickflick vir Afrikaanse teater.

Vyftien jaar gelede het vyf onervare jong kunstenaars bymekaargekom vir ‘n projek – min wetend dat hul paaie ‘n dekade en ‘n half later steeds verweefd sal wees, en dat hul loopbane en lewens deur daardie een ervaring omvorm sou word. Die projek was “Skeer op Richmond”. Die jaar: 1997.

Deur hierdie produksie weer op te voer, kry die gehoor die geleentheid om nie net saam met die karakters in die teks te reis nie, maar om ook die vrouens wat daarmee gemoeid is, en húl reis, waar te neem.

Laurinda Hofmeyr is verantwoordlik vir die toonsettings en Saartjie Botha die teks. Die ander lede van die gedugte span is Leonore Bredekamp, Frieda van den Heever en Stephanie Hough, met Nina Swart wat die regie behartig.

17 Maart by die Ou Meulteater in die Paarl.
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za .

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Stephanie Hough, Leonore Bredekamp, Laurinda Hofmeyr & Frieda van den Heever
Stephanie Hough, Leonore Bredekamp, Laurinda Hofmeyr & Frieda van den Heever

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar