Vagina Dentata – ‘n Kabarett

Vagina Dentata – ‘n Kabarett is ‘n gewaagde musikale satire met byt.

Dit is feministies, wulps en draai nie doekies om nie. Hierdie kabaret, in die Duitse tradisie van die genre, is oorspronklik ontwikkel deur die nagraadse kabaret-studente aan die US Dramadepartement.

Unieke stories van die Suid-Afrikaanse vrou word bekyk. Die musiek is ‘n mengelmoes van Bertolt Brecht, Kurt Weill, The Dresden Dolls, Lady Gaga, Skunk Anansi, en Annie Sprinkle.

Die produksie staan onder regie van Christiaan Olwagen wat in 2011 by die jaarlikse Fleur du Cap-toekennings die Rosalie van der Gucht- toekenning vir Beste Jong Regisseur ontvang het.

Kelly-Eve Koopman, Roxanne Bain en Greta Pietersen (pas genomineer vir ‘n Fleur du Cap toekenning as Belowendste Student) is saam met Olwagen verantwoordelik vir hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) teks waarin daar behoorlik tande gewys word.

Die Fleur du Cap-genomineerde akteur, Wessel Pretorius, sluit ook by die geselskap aan. Die musiek is getoonset deur Grethe van der Merwe en Lise Morrison.

Vagina Dentata – ‘n Kabarett
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

Hierdie kabaret het ‘n ouderdomsperk van 18 en is nie geskik vir sensitiewe kykers nie. Die produksie word aangebied deur die TEATERteater in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement.

Vagina Dentata - 'n Kabarett
Vagina Dentata - 'n Kabarett

Vagina Dentata – ‘n Kabarett is te sien in die Absa KKNK vanaf 2 – 6 April om 17:00 in die Jack Hindon-saal (Dearbraak-venue).
Kaartjiepryse: R75

Vagina Dentata – ‘n Kabarett
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

KKNK 2012

Vagina Dentata – ‘n Kabarett
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

(Foto’s deur Jeanine Bresler)

Vagina Dentata – ‘n Kabarett
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar