TT Cloete, beminde en bekroonde digter en boonop ‘n fiere 90, word gehuldig vir sy bydrae tot woordkuns tydens vanjaar se Muse-fees in die prag kusdorpie, Grootbrakrivier.
Kristie Herbst gaan sy gedigte voordra tesame met die uitvoering van twee bekende plaaslike violiste, Karol Legierski en Marianne Celliers-Legierski, op 26 September 2014 om 10h00 in die amfiteater van Leani Kwekery.
Bespreek by Ettie Jurgen by Leani Nursery, 083-328-2530 of info@leani.co.za
