Nataniël verbreek sy eie dekades-lange tradisie van ’n jaareinde-teaterproduksies en bied vanjaar slegs ’n paar unieke Kerskonserte aan. 

Inspirerend, vertroostend, dramaties, opwindend, humoristies, tydloos en eenmalig, VroegKersfees kan nie misgeloop word nie! Kom vier, bedink, huldig en bepeins ’n vreemde, oorweldigende, opwindende en historiese jaar!​​

Hierdie eenmalige konsert met oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen Kersliedere en vertellings word aangebied by die Drostdyteater, Stellenbosch, op Saterdag 19 November 2022 om 20h15.​

Nataniël deel die verhoog met
Steinway-pianis, Charl du Plessis.​

Kaalkopwinkel in die foyer!​

Geen kinders onder 15.
Geen kortbroeke.
Geen selfone.
Geen pouse.

19 November – 20h15, Drostdy Teater, Stellenbosch

Lewer kommentaar

Leave a Reply