Luka staan op Kaapstad se onvoltooide brug.

Sy was al baie hier. Nog nooit om te spring nie. Meestal om te dink en soms om te teken.

Sy dink oor die vrou met die tattoo. Onthou vaagweg die een met die lang, bruin vlegsel. Luka wonder of haar aura saam met haar mangels uitgehaal is toe sy 9 was, en of Tretchikoff se “Chinese Girl” gelukkig was. Sy wonder oor spyt. Wat gebeur as die einde duidelik was aan die begin, maar halfpad onduidelik begin raak het? Nes die brug, dink Luka.

* DEBUUT *

Met: Milan Murray

Regie: Philip Rademeyer

Deur: Retief Scholtz

Verhoogbestuur: Lize van Rooyen

Vervaardiger: Milan Murray

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120
Plek: Boys High, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 09:00 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 13:00 | 6 Okt 13:00

Aardklop 2017


Weerkaats


Weerkaats


4

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply