Roekeloos.co.za span tegnologie in om vas te stel hoe die man op straat en kritici werklik voel oor die produksies en kunstenaars by die 2013 Woordfees in Stellenbosch. Ons web scrapers *probeer elke Facebook-inskrywing, twiet en artikel lees wat uit Stellenbosch en omgewing kom tydens die fees.
Die telbord word saamgestel op grond van feesgangers se kommentaar op Facebook, Twitter, Google+ en resensies in die media na afloop van die produksies. Die getalle op hierdie bladsy word van tyd tot tyd aangepas. Die skrywersfees word onder die toneel getel.
Posisie | Gewildste Teaterproduksies | Gewildste Musiekproduksies | Gewildste Kuns | Gewildste Musikante |
1. | Die lelike eend | Stef Bos | Solipsis 5 (Wim Botha) | Stef Bos |
2. | Huis toe | USSO Opera Gala | Hiernamaals | Karen Zoid |
3. | Oskar en die pienk tannie | Zoid, Carstens en die Bands | Kunspirasie (Evette Weyers) | Zanne Stapelberg |
4. | Bidsprinkaan | Amen | Activities on the grid (Stephen Hobbs) | Fokofpolisiekar |
5. | X + Y | Zinkplaat & Die Melktert Kommissie | Tree of Knowledge | Arno Carstens |
6. | Rooiland | 2Pianists | Pentimenti | Zinkplaat |
7. | The Three Little Pigs | One Rocco, Two Piano’s | Stellenbosch Revisited | Francois van Coke |
8. | Boetie, dit is tyd vir bid as ‘n seekoeikoei op jou skoot kom sit | FAK Volume II | Kuns Nou-Nou | Wellington Youth Band |
9. | Tjop en Dop | Die hart is ‘n eensame jagter | Skilder met Woorde III | Die Melktert Kommissie |
10. | Hasepad | Jan Blohm en Jimmy Dludlu | Hidden Life, Twenty Years of Painting (Clare Menck) | Randall Wicomb |
Posisie | Gewildste Akteurs | Gewildste Aktrises |
1. | Armand Aucamp | Sandra Prinsloo |
2. | Deon Coetzee | Amalia Uys |
3. | Wessel Pretorius | Cintaine Schutte |
4. | Werner Coetser | Elsabé Daneel |
5. | Waldemar Schultz | Brümilda van Rensburg |
6. | Stian Bam | Antoinette Kellermann |
7. | Marlo Minnaar | Nicole Holm |
8. | Johan Engelbrecht | Tinarie van Wyk Loots |
9. | Neels van Jaarsveld | Stephanie Badenhorst |
10. | Chris van Niekerk | Erica Wessels |
Net die gewildste 10 in elke afdeling word gelys.
(* Twitter beperk die aantal navrae wat Roekeloos se program op een slag kan rig. Tydens die gestoei met Twitter glip daar beslis hier en daar ‘n twiet deur en kan Roekeloos nie aanspraak maak dat elke twiet definitief gelees word nie.)
Hoe word dit gedoen?
1. Twitter en Suid-Afrikaanse publikasies word ge-scrape en alle data wat moontlik verband hou met die fees word getabuleer. Die Facebook API word ingespan om inligting op Facebook in te samel. Google+ word met die hand nagegaan – soek nog ‘n manier om die inligting outomaties te versamel.
2. Die data word vergelyk met die lys van produksies en kunstenaars soos dit verskyn in die feesprogram om te bepaal oor wie en wat gepraat word.
3. Die resultate word met die hand nagegaan en enige advertensies word verwyder.
4. Die oorblywende resultate word gebruik om die individuele tellings vir elke produksie en kunstenaar by te werk*.
(*In gevalle waar produksies ‘n gelyke telling kry word die een wat eerste die telling behaal het eerste gelys.)
Enige voorstelle of vrae oor die stelsel kan gestuur word quintusvr by gmail.com.
Stuur enige resensies of bydraes oor die fees na bydraes by roekeloos.co.za.