Wyk 14

In Wyk 14 vertolk Frank Opperman weer die rol van Pottie Potgieter, die werklose, Afrikaanse man, wat sy storie in die bekroonde en gewilde eenmanstuk Die uwe, Pottie Potgieter vertel het.

Pottie is steeds werkloos, maar in hierdie stuk, geskryf deur Dana Snyman, besluit Pottie om as Onafhanklike Kandidaat aan ‘n munisipale wyksverkiesing deel te neem.

Hy stel sy saak, vertel stories, en probeer terselfdertyd sy vrou, Maggie, wat nou in Saudi-Arabië as verpleegster werk, terug Suid-Afrika toe lok. Nes in die vorige stuk weet jy soms nie of jy moet lag of huil nie.

Frank se naam is sinoniem met komedie. In die hoofrol van The Big Time het Frank nie minder as drie toekennings gewen nie; en wie kan hom vergeet in die rol van Ouboet in Orkney Snork Nie!

Frank se vorige een-man vertonings 25 Vrouens en Meneer de Beer spog met vol sale uitverkoop dwarsoor die hele land.

Die een-man vertoning Die uwe, Pottie Potgieter (2007) het vol sale dwarsoor Suid-Afrika getrek en was ook die vertoning met die hoogste bywoningssyfers gedurende die KKNK.

Frank Opperman en Dana Snyman is huishoudelike name in Suid Afrika en saam kan hulle net vir ‘n wenresep sorg!

Die regie word behartig deur Nicky Rebello.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar