deur Francois Koegelenberg

Despite their bulky appearance and scary-looking armature are like most insects, completely harmless.

Eeue terug in ‘n uitspansel ver hiervandaan het ek en hierdie hawt as hell cherry die aand bietjie uitgegaan. In die Bos. In ‘n kuierplek met blowpipes en suckpipes en skemerkelkies en shooters en yskoue draughts en dodgy burgers.

Almal is dressed to kill en die musiek, vreemd vir my ore, pomp deur die luisteraars. By gesê, ek het sopas van Nuweland af teruggekom waar ek in ‘n losie was, m.a.w., al redelik ver voor.

Poplap lyk soos iets uit Elle magazine met haar hotpants en word deur die spulse jongmans agterna gekyk asof ‘n kaal Cleopatra ingesweef het.

Ons sit, ek bestel en verskoon myself om na die klein mannetjies toe te verdwyn. Ek was immers in SAB se losie. Maar ek is self koud sestien aangetrek met stovepipes en hierdie wit en blou gestreepte Armani of dalk De Jagers-hemp aan. Die nooit-gaan-gedra-word trui hang, soos Trompie sou sê, ewe nonchalant om die skouers en ek ruik na Joop!

Terug by die tafel merk ek heel verbaas op, ons het twee nuwe gaste. Baie jonger as ek en smal en gel op die kuiwe en booties aan. Hulle fokus egter net op seksbom en nie op my nie. Die een sê nogals: “Jy gee nie om dat ons bietjie kuier nie?”

Ek los hom en bestudeer hulle. Hy, die klaarblyklike leier van die troppie is blond, hang duidelik in die Active Virgin uit, en is kompleet in sy whites vir die aand. Hy het ook een dog tag aan. Let op, een. Hy lyk soos ‘n mannetjie wat dink bosotters loop langs die Eersterivier rond. Sy side kick lyk soos ‘n buidelrot wat Rattex ingekry het met ogies so naby aanmekaar dat hy die plaashek oopmaak en dan steeds deur die draad klouter. Picture julle dit. Girlfriend gee hulle min aandag en ek los hulle want ek weet.

Volgende oomblik vertel sy my dat sy haar vriendin moet gaan optel en hulle kom nou. Nou is dit ons drie. Soos dit die Hemelse Aarde behaag kom hierdie reus, swarter as die nag met oë geler as die morning-after-piepie, aangerol. Don Matumbo, oud-bouncer by Moyo, en Kongolese vriend van my. Ons groet op die manier wat jy daar groet en hy kom sit met sy Magnum-hemp en sy Black Lable. Ek knipoog vir hom en vra vir die blonde een, die arm man se James Dean, of hy weet waar dog tags vandaan kom? Hy antwoord dat hy dink dis uit die army. Ek sê en ek sweer: “Ja maar dis eintlik vir identifikasie en daarom sal jou magsnommer (88 639 605BG) en jou van en jou voorletters en jou Eenheid en jou Kerk en jou bloedgroep ( B-) daarop verskyn.” “Ai” merk hy op. En sê ek jy dra altyd twee vuurvastes, want as jy gewond word of gedood word, word die een afgepluk. En ek add: “Die een, groot seun, sit hulle in jou mond, as jy nog ‘n kop het, en die ander om jou toon, as jy nog ‘n voet het. My concern is dat jy net een het en daar is geen naam en geen niks op nie. So hoe gaan ons vir jou mamma laat weet jy is dood vanaand? Want iemand gaan doodgaan vanaand en dis nie ek of Don hierso nie.”

Hy sluk en vra Don: “And you, were you in the Army?”
“Oui, monsieur but we didn”t have dogtags becasue if you died nobody gave a f@ck!”
“Okay jissus, dis genoeg, kom gaan nou Floris!” Kom die skrou van Buidelrot. En ek sê: “So kom sluk julle aapsap af, sluip uit, my liewe twee Koningpiskrieke, klim op julle driewielfietsies want ek neem aan by die koshuis wag baie inkleurwerk vir julle!”

Die twee girls kom terug en die Blondie wil weet waar die youngsters is?
“Nowhere”, antwoord Don, “Francois what is a koringpiskriek?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply