Adeliepikkewyn se getalle kan verbeter

Die krimpende gletsers in Antarktika is slegte nuus vir die aarde, maar volgens nuwe navorsing help dit help om die adeliepikkewyn se getalle te vermeerder.

Dié pikkewyn se getalle het glo die afgelope 14 000 jaar 135 keer verdubbel as gevolg van die kleiner gletsers. Minder ys beteken meer broeiplek vir die pikkewyne.

Maar dis nie alles goeie nuus nie. Die verandering in klimaat kan die voedselbronne van die pikkewyne laat krimp en die getalle nadelig beïnvloed.

Nieu Fortuna-gletser, foto: Frank Hurley

Lewer kommentaar

Leave a Reply