Bytende papegaaie

Om ‘n bytende papegaai te hanteer, is om die minste te sê, baie frustrerend. In hierdie artikel wil ons na papegaaie wat mak en die wat nie so mak is nie kyk. Dis te verstane dat die wat nie so mak is nie sal byt. Om enige papegaai mak te maak neem tyd en baie geduld en die besluit om sy vertroue te wen moet die grootste motief wees. Tog byt ‘n mak papegaai ook.

Daar is ‘n paar algemene redes waarom mak papegaaie byt en kom ons kyk na ‘n paar invloede wat ‘n rol kan, en sal, speel. Identifiseer wanneer hy begin het met die “byt gedrag” en werk daarvan af verder. Hier is ‘n paar algemene redes wat dalk sy probleem veroorsaak.

Was daar die afgelope tyd veranderinge in die papegaai se lewe?

Het iemand bygekom, of die familie verlaat?

Het daar ‘n tweede papegaai bygekom?

Het sy dieet verander?

Is sy hok skielik verskuif na ‘n ander plek toe?

Is daar ‘n nuwe speelding in sy hok gevoeg?

Het hy nie dalk seksuele volwassenheid bereik en hy gefrustreerd voel nie?

Het hy nie dalk te lief geword vir een persoon in die gesin nie?

Byt hy nadat hy skrikgemaak is nie?

Hierdie is natuurlik net ‘n paar van baie redes waarom papegaaie byt. Elke papegaai is anders en wat die een van hou kan vir ‘n volgende angswekkend wees.

Om ‘n bytende papegaai te hanteer kan uitdagend wees. Dit kan veral uitdagend wees as die papegaai jou reeds met vrees gevul het dat jy gebyt sal word. Hulle kan aanvoel wanneer jy bang is – dis die waarheid.

Een tegniek om te gebruik wanneer jy met ‘n bytende papegaai werk, is om sy lyftaal te ken en daarvan af te werk met hom. Wanneer hy in ‘n bytende posisie is, in plaas daarvan dat jy wegruk, druk jou hand, vinger na die byt toe. Nie te veel dat hy sal balans verloor nie, maar net genoeg om hom daarvan gaan weerhou om te byt. So ‘n reaksie van jou kant af verwag hy nie en hou gewoonlik op byt op daardie oomblik.

Gebruik die ferm “NEE” opdrag en plaas hom dadelik terug in sy hok vir 10 minute. Hou vol hiermee. Laat hom besef, leer, dat wanneer hy jou byt hy teruggaan hok toe en nie tyd saam met jou mag spandeer nie.

Wanneer ‘n papegaai te verbind geraak het met een persoon, en al die ander gebyt word, kan dit effektief wees wanneer daardie persoon terugstaan met tye. Laat elkeen van die gesin met hom betrokke raak deur kos te gee, hok skoon te maak en tyd met hom spandeer met speeltye. Wanneer hy kalmer geraak het na ‘n paar dae kan die belangrike persoon weer stelselmatig begin terugkeer na hom toe, maar moet die res van die gesin steeds met hom betrokke bly. Dis beter dat die hele gesin met hom betrokke bly sodat oorverbinding nie herhaal word nie.

As byte veroorsaak deur seksuele frustrasie plaasvind sal dit na paartyd weer verby gaan hulle raak gedurende hierdie tyd geïriteerd en kan in hulle optrede gemerk word. Herhaal hier net die “NEE” opdrag en die weg van jou af opleiding om die gebyt te verhoed.

In my ondervinding met my African Grey, Louis, het ek agtergekom dat die een spesifieke naellak wat ek graag gebruik het, die oorsaak was dat hy my gebyt het. toe ek dit staak het ook nie langer gebyt nie. Wanneer hy my wil soen en ek my lippe na binne draai het hy ook gebyt. Maar as ek hom met my lippe nie weggetrek nader sal hy my glad nie byt nie.

Soms moet jy as ‘n speurder optree om uit te vind waarvan papegaaie nie hou nie en wat hom dus motiveer om te byt. Ons hoop dit help in ‘n groot mate met bytende papegaaie.

 

skrywer: Francien Mare

Sluit aan by die Gesprek

16 Kommentare

  1. Ons Kokketiel byt homself stukkend onder sy vlerk wanneer hy homself "groom". Wat is die rede waarvoor en hoe kan ons hom help?

  2. Hello Louis en Linda

    Dis vreemd dat hy homself sal stukkend byt, veral onder die vlerk, maar die eerste vraag wat my opgekom het was, het hy genoeg om sy aandag mee besig te hou. Dalk het daar 'n verandering in sy dieet plaasgevind wat ook 'n rol in so iets kan speel. Dit kan gebeur dat hy bloedvere uittrek wat bloei. Bloedvere is vere wat nog nie volledig ontwikkel het nie en as jy na die veer se harde punt kyk sal dit blou skyn. Die blouagtige kleur is die bloed daarin. sodra die veer klaar ontwikkel het sal die blou verdwyn en geen bloed wys nie. Ons wil voorstel dat julle hom dophou en as dit te lank aanhou is dit beter dat hy 'n veearts besoek.

    Sterkte en laat weet as daar nog iets is waarmee ons kan help.

    Groete

    Francien

  3. My African Grey, Feebee, het ek op 3 maande gekry. Sy is nou ‘n maand oud en het ‘n baie vreemde gewoonte. Sy skud haar kop aanhouded. Dit lyk na iets soos ‘n Tourette’s tick. Ek was nou al by 2 verskillende veeartse om te probeer uitvind wat aangaan.

    Die eerste veearts het vir my gese dat die kanse goed is dat sy miet in haar ore het. MAAR, voor sy enige prosedures wil doen om te kyk of daar regtig iets is, stel sy voor dat ek haar kos verander(R139,00 later), haar ten minste ‘n half uur per dag in die son laat sit (moontlike tekort aan Vit D) en haar ook met water nat sproei, want sy mag dalk ‘n droee vel het. Haar gevoel was dat die “Feather Dust” wat Feebee het dalk ook ‘n oorsaak is van die geskud. Sy’t haar met ‘n ontwurming- en vitamine middle ingespuit, haar ondersoek en ek is R544 later met die kos daar uit.

    Na ‘n week was Feebee al baie geirriteerd met my en ek het meer as een byt opgedoen. Haar kos en gewoontes is verander en sy was op vir my gekarring met die spuitery buite.

    Ek piekel toe na ‘n week na die 2de veearts toe. Hy was dood eerlik en het vir my gese dat hy geen idée het waarom sy haar kop so skud nie. Hy het gese hy het nie ‘n instrument om in haar ore te kyk nie, hy’t ‘n algemene ondersoek gedoen en het gevoel dat sy verder in ‘n baie goeie toestand was. Om die moontlikheid van miet op te los, het hy haar ingespuit met ‘n middel wat enige parasiete sou doodmaak, maak nie saak waar op / in haar liggaampie dit was nie. Sy’t ‘n trop wurms uitgeskei (wat ‘n skok vir iemand wat nog nooit ‘n voel sien ontslae raak van wurms nie!!!) Hy’t voorgestel dat sy vir ‘n week op antibiotika gaan.

    Ek kan maar net se, dat sy baie pragtig is. Gesonder as ooit – maar skud nogsteeds die kop. Sy skud haar kop soms so dat haar snawel al ‘n paar mote in my nek en op my wang gelaat het.

    Het julle dalk enige opinie hieroor?

  4. Hi daar aan jou. Ek is eerlik bly dat jy so spoedig opgetree het en haar dadelik by 'n veearts gekry het. Al wat ons nou voorstel is dat jy onderstepoort skakel in Pretoria en uitvind wie die veearts is wat spesialiseer in voels en haar daar kry. Dit sal jou probleem oplos. Ons glo daar is iets in haar ore wat die irritasie veroorsaak. Laat ons asseblief weet wat die uiteinde van die saak is sodat ander ook hierdy kan baat vind. Onthou net altyd dat dit nie alle veeartse is wat kennis het in voels nie, maar op 'n ander gebied wonderlike veearste is.

    Sterkte.

    Francien

  5. Ek wil graag uitvind ek het n amazone papegaai – ons het hom nou al amper 2 jaar – hy het my aanvaar as sy “ma” het saam met my geeet op sy skouer gesit en wou almal byt twat naby my kom maar deesdae wil hy my net byt en jaag my in die kombuis rond – as gevolg van wat is dit

    Groete

  6. Hi Ronel. Jou papegaai is nou ʼn tiener, besig om ʼn volwasse papegaai te raak, daarmee saam ervaar hy baie verskillende versteurings wat veroorsaak word dat hy homself nie kan uitleef in sy natuurlike habitat nie. Hy is beperk en ook maar onkundig oor hoe hy op verskillende situasies moet reageer. Die feit dat hy niemand by jou wou toelaat nie is om jou te beskerm. Wat ons wil weet is of hy jou rondjaag wanneer daar ander in die vertrek is of nie? As dit die geval is, is dit omdat hy jou wil wegkry waarvan hy glo “’n gevaarlike plek is met ander wat jou kan seermaak.” In die natuur beskerm hulle mekaar eerstens om hul maat weg te kry en daarna sal hulle oorgaan tot die aanval as dit nog sou lyk. As jy alleen is, is daar geen bedreiging vir hom nie en behoort hy jou rustig te hanteer.
    Wees net geduldig met hom hy het ook stadiums waardeur hy gaan. Praat met ʼn streng stem en nie skree nie, want dan verstaan hy dit as pret en sal hy daarmee aanhou om jou te byt. Laat hom goed verstaan dat hy stout is en kry hom vir tye terug in sy hok. Vertel hom hy was stout en as hy weer soet is sal jy hom daar uithaal. Moet hom egter nie ure terugplaas nie, hy moet besef hy word op daardie manier gestraf. Herhaal dit elk keer en hy sal later hiermee agterkom dat hy ongehoorsaam is.
    Hoop jy kom reg met hom, maar kontak ons gerus vir verdere hulp waar nodig.
    Groete
    Francien

  7. Hello daar!

    Ek soek graag raad. Ek het 'n 7 maande oude eclectus papegaai wat ek hand groot gemaak het. Ek kon hom vertroetel enige iets met hom doen sonder dat hy my gebyt het.

    Ons gesin is nie altyd saam by die huis nie as gevolg werks omstandighede.

    Ek het eendag by die huisgekom en Georgie se gedrag het handomkeer verander. Hy wil nie he ek moet aan hom vat nie, hy sal uit die hok om arm klim maar ek moet nie my hand na om hom uitsteek nie dan grom hy en byt of hy sal jou ons bevlieg en byt, ek kan nie sy optrede verstaan nie.

    Ongelukkig uit instink wanneer hy uit die bloute 'n mens bevlieg en byt het ek negatief reageer op te skree en baie kwaad vir hom te raak.

    Hoe kan ek dit regstel. Ek is baie lief vir hom en wil hom weer graag kan vertroetel en aan hom vat. Wat moet ek doen??????

    Groete

  8. Hallo aan jou
    Ja, dis baie duidelik dat daar skade berokken is aan jou papegaai se vertroue, dalk ook sy liefde, maar daar bestaan altyd ‘n moontlikheid om reg te stel waar daar verbrou is. Die enigste manier is om jouself weereens aan hom te bewys as ‘n liefdevolle mens-ouer en hy moet dit elke dag kan ervaar. Die grom geluid was ‘n duidelike waarskuwing deur hom gegee dat jy nie nader moet beweeg nie, hy het bedreig gevoel deur jou, of iets of iemand naby hom en sy reaksie was selfverdediging. Enige harde geskree of handgebare wat daarmee saamgaan is een te veel vir hom gewees. Hulle is gewoonlik sagte papegaaie nie een vir aggressie nie, maar weereens was jy of omstandighede by en naby hom die direkte oorsaak daarvan. Leer om hulle lyftaal te lees en wat meer is te verstaan, sodat daar nie weer ‘n herhaling hiervan kan plaasvind nie. Los hom vir ‘n week of twee dat hy net rustig verkeer en gesels op ‘n sagte manier met hom. Probeer dan weer om toenadering te soek deur iets lekker aan te bied. Jy het harde werk wat op jou wag.
    Groete en sterkte
    Francien

  9. Goeie more, ek het vanoggend op google u goedjies gelees oor papegaaie, ek wil graag meer weet, hoekom hul jou byt want myne het my vanogend in die nek gebyt en my vinger, wat maak n mens as hul so optree, want ek wil nie he hy moet byt niem hoop om goe van u te hoor groete

  10. middag, ek het n groen ringnek papegaai wat se snawel se punt afebreek het dit lyk so al of die bekkie afskilfer. sy is nou ongeveer 6 jaar oud is daar iets wat ek kan gebruik vir haar bekkie sy sukkel om te eet, sy is ook baie agresief kan nie waag om naby haar hok te kom nie sy deel die hok met n mannetjie wat baie ouer as sy is. help asb

  11. Sy is waarskynlik so befoeterd omdat sy in pyn is – sommige sulke breke kan seer wees. Neem haar na n vearts toe om te hoor of dit reggemaak kan word. 'n Kalsium- of mineraalblokkie in haar hok kan haar help om daardie snawel beter te maak. Sy sal dit daarteen skuur.

  12. Hello, ek het 'n ringnek met die naam Botter. Ek het haar gekry toe sy twee weke oud was en self met die hand groot gemaak. Sy is baie mak, is gereeld op my skouer gewees en soentjies uitgedeel. Soos ek sê, is is baie mak. 'N paar weke geled het sy net gedraai. Sy wil niks van my weet nie. As ek naby aan haar hok gekom het het sy vreeslik geskarrel en dit is onmoontlik gewees om haar uit te kry. Sy hol weg. Die week het sy my begin byt as ek haar kop wil krap. Sy is net so aggressief & angstig as ek naby is. As my sussie haar uit die hok wil kry kan sy nie wag tot die deurtjie oop gemaak word nie. Wat gaan aan? Ek het so paar maande terug my hare gekleur, maar ek kan nie onthou of dit van toe af is dat sy so teenoor my is nie. Ek't ook uit die huis uitgetrek maar sy kon ongelukkig nie saam trek nie. Ek sien haar wel van Vrydag-Maandag en kon in die verlede haar nogsteeds uit die hok kry. Wat kon dit veroorsaak en gaan dit verbeter?

  13. Klink my nie jy is meer haar no 1 nie. Lyk my sy het jou verruil vir jou sussie. Al wat ek kan dink wat dit sal kan verander is as sy permanent by jou gaan bly.

  14. Hi wil net graag weet ek het n african grey. Het hom mrt die hand groot gemaak my nie gebyt nie maar toe hy so rwee jaar oud is het hy my begin byt. Ek weet nie of dit is as ek hom gevat het vir n groem het ek hom in n kleiner hok gesit as ek hom gevat het dan het hy baie aangegaan.Hoop jy het vir my raad

  15. Hi my Grey het ek hand groot gemaak van die ouderdom van 2 maande af. Sys nou 1 jaar en 4 maande oud en skielik het sy n ander gedrag Begin oppenbaar. Syt my alleen aanvaar van die begin af. maar nou begin sy my byt en sy lyk baie bang vir my, ek weet nie hoekom nie.was nog nooit lelik met haar nie. in die ogged klim sy op my hand en wil niks weet van afklim of hok toe nie. Wanneer ek by die huis kom in die middag,wil sy niks met my te doen he nie,en is baie byterig. Soek raad, wat kan die oorsaak wees vir die vreemde gedrag. Dankie

  16. Terug pieng: Voëls – Roekeloos
Lewer kommentaar

Lewer kommentaar