Geheime papegaaitaal – Deel IV

Inleiding
Ons het reeds na verskeie papegaaitale in die drie vorige aflewerings gekyk soos, kophouding, vlerke, vokalisasie, en nog meer wat papegaaie gebruik as kommunikasie. Ek hoop regtig dat jy nie net houdings, maar klanke en gebare reeds kon identifiseer volgens wat jy hier geleer het en natuurlik verstaan wat hulle jou meedeel.

Daagliks gesels hierdie “voël-kinders” op duidelike maniere met ons en moet dus daarop ingestel wees om alles moontlik te doen om hulle te verstaan. Die gevolg hiervan sal wees dat ons jare se vreugde uit hulle sal put, maar meer nog, dat hulle net soveel vreugde sal ervaar saam met ons.

In hierdie laaste aflewering van die reeks, gaan ons kyk na van die elemente rondom paarverbinding en seksuele gedrag wat deur lyftaal oorgedra word.

1.    Nabyheid:
Wanneer twee papegaaie gebind het, is die begeerte daar om 24 uur in mekaar se teenwoordigheid te wees. Wanneer ander voëls teenwoordig is, is hulle nader aan mekaar as ander tye en effens verwyder van die ander. Hiermee word verklaar dat hulle aan mekaar verbind is en wys daarop dat hulle as ‘n bedreiging beskou sou word indien hulle oortree. Net so ervaar hulle hul “mens-maat” en sal ander mense en diere as indringers beskou.

2.    Oppof van vere:
Hierdie is die mees algemeenste lyftaal wat seksuele opwinding toon, of dat een papegaai ‘n ander se aandag probeer trek, deur vere wat opgepof word. In sekere spesies sal dit net die mannetjie wees wat homself oppof sodat hy groter lyk, wat weer toon dat hy ‘n goeie maat sal uitmaak. In ander spesies sal albei geslagte hulle oppof as bewys dat daar seksuele belangstelling bestaan in een die ander. Hierdie gebaar teenoor ‘n mens waarmee hulle gebind het is een van die bekendste aggressiewe seksuele gebare.

3.    Spring en draf:
Die tipe gedra word gewoonlik deur die mannetjies vertoon en gevolg deur vokale klanke. Veral deur die kokketiel, wanneer hy sy paringsliedjie sing, sal hy loop en spring, of draf. Hy sal kort spronge gee en begin draf en word, of op sy stok binne in die hok, of op die vloer gedoen, om te toon dat hy ‘n wyfie wil beïndruk of sy “mens-maat”. Die meeste ander spesies is geneig om te draf met kort spronge tussenin, maar is duidelike spronge wat nie ooreenkom met ander bewegings wat die papegaai uitvoer nie. Dit kan selfs gepaard gaan met vokalisering sowel as vere wat opgepof word.

Let op na hulle vergrotepupile wanneer hierdie houdings en gebare geopenbaar word. Dit is ‘n direkte bewys dat hulle opgewonde is en wanneer verbinding plaasvind, of seksuele gedrag uitgevoer en word dit deel van die paringsritueel.

Ten slotte:
Dit bly ‘n belewenis wanneer ‘n papegaai leer praat en woorde in konteks gebruik om aan ons te sê wat hulle behoeftes is. Ongelukkig is dit nie almal wat die vermoë besit nie, maar lyftaal word deur elke papegaai waar ook al gebruik. Dit is nie belangrik dat ‘n papegaai “menstaal” moet praat sodat ons sal verstaan wat hulle behoeftes, begeertes en interaksie is nie.

Die mees algemeenste probleme tussen die papegaai en die mens is omdat die mens versuim om hulle lyftaal te ken en te verstaan. Daarom was die doel met hierdie reeks om sulke probleme uit die weg te ruim. Die oplettende papegaai eienaar kan duidelik vertolk wat hul papegaai poog om oor te dra.

Daar bestaan ‘n groot aantal lyftale, dat ‘n mens vir ‘n onbeperkte tyd met so ‘n reeks kon voortgaan, maar alle goeie dinge kom op ‘n einde. Veel later sal daar weer in ‘n nuwe reeks na die meer komplekse gedrag gekyk en hierby gevoeg word. Al die basiese gedrag is behandel en behoort jy heelwat van die papegaai se kommunikasie hieruit te leer.

Hiermee sluit ons nou die reeks af en vertrou dat julle daaruit kon leer. Dit sal vrek baie waardeer word om van julle kommentaar te ontvang en te deel wat julle ondervindings was tot nou toe.

Daar word beplan om met ‘n nuwe reeks te begin. Dit handel oor hoe om jou papegaai te leer praat. Asseblief, laat weet of julle belangstel om hierdie inligting te bekom, en nog meer voorentoe.

 

skrywer: Francien Mare

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Hi Francien,

    Ek het ook ‘n african grey papegaai, Max. Soms as ek met Max praat, wil dit lyk asof hy sy kos wil opbring… Dit lyk nie asof dit hom pla nie. Waarom doen hy dit?
    D Myburg

  2. Hi Deliene

    Glo my, maar Max is besig om jou die grootste kompliment as bewys van sy liefde vir jou te gee. Hy wil met jou deel as bewys dat sy liefde groot is. Wanneer hy dit doen, praat net saggies met hom en se net, “Dankie, maar nee, Max.” Moet hom nie aanmoedig om daarmee aan te hou nie

    Moet nooit ‘n ophef daarvan maak nie, maar moet ook nie met hom raas nie. Waardeer sy liefde en bewys joune deur hom goed te versorg en baie aandag te gee.

    Geniet hom

    Groete

    Francien

  3. Hi Francien… Ek is Lizanne…ek het'n Blou ringnek (Bubbels)…sy skrop al nes vir'n maand en ons het vanaand ontdek dat daar 3 eiertjies onder in haar hok le…sy het glad nie in kontak gekom met'n mannetjie ringnek nie…maar ons wil net weet is die eiertjies onbevrug en wat maak ons met die eiers? Los ons dit of vat ons dit weg? en Indien ons dit weg vat hoe gaan sy dit ervaar? Ons wil haar nie ontstel of ongelukkig maak nie? en Hoe lank uit mekaar is hulle broeis en hoeveel keer 'n jaar en hoe lank min or meer neem dit vir die eiertjies om uit te broei? en dan laaste die eierstjies… word dit voor of na die tyd bevrug deur die mannetjie? My e-pos is collettlizanne@gmail.com
    Jammer vir al die vrae ons is net ontkundig oor die sitsuasie en wil net weet hoe om die sitsuasie te hanteer. HELP ASB!
    Groete Lizanne 🙂

Lewer kommentaar

Leave a Reply